TV Plus (Afrikaans)

Aan die brand!

Koskook sorg soms vir groot drama. Die beoordelaa­rs David Higgs en J’Something bespreek seisoen 3 van die plaaslike realiteits­kookprogra­m My Kitchen Rules.

-

My Kitchen Rules SA

Seisoen 3 Sondae M-Net (*101) 18:00 (begin 19 September)

Tydens die nasionale inperking was die restaurant­e gesluit, wat miljoene mense reg oor die land meer tyd gegee het om in hul kombuise deur te bring, waar hulle hul gunsteling­etes gekook het – of ten minste probeer kook het. Terwyl sommige eenvormige kolwyntjie­s met die perfekte versiering gebak het, was ander minder suksesvol en hul gebak het in die vullisdrom beland.

Mense wat hulle kan vereenselw­ig met die druk om ’n goeie maaltyd voor te sit, is die 10 paar huiskokke wat in seisoen 3 van die realiteits­kookreeks My Kitchen Rules South Africa (MKR) meeding. En met R1 miljoen kontant as prysgeld, is daar baie op die spel.

“Die pandemie het kos, kook by die huis en saamkook as ’n gesin weer gewild gemaak. Ons hoop die deelnemers het hul vaardighed­e ’n kerf opgeskuif en is meer kreatief,” verduideli­k die sjef en bekroonde restaurate­ur David Higgs, wat na die beoordelaa­rspaneel terugkeer saam met die musikant en passievoll­e kok Joao da Fonseca, alias J’Something. “Daar is alles, van wonderlike disse tot drama. Daar wag groot vermaak in dié seisoen,” terg David.

UITEENLOPE­NDE KULTURE

Die kookkompet­isie is in twee verdeel. In die eerste ronde rig die twee kokke hul huis in as ’n kitsopwip-restaurant

(of altans hulle het gewoonlik, lees in die sirkel wat in seisoen 3 gebeur), waarheen hulle die mededingen­de spanne en die beoordelaa­rs vir ’n driegangma­altyd nooi. Aan die einde van die aand beoordeel die spanne en die beoordelaa­rs die ete en die span met die minste punte word uitgeskake­l. In die volgende fase neem die paartjies deel aan ’n reeks kookuitdag­ings by die MKR-hoofkwarti­er en op skilderagt­ige plekke buite. Uiteindeli­k word die laaste paartjie as die wenners gekroon.

“Regdeur die kompetisie kom die spanne se mededingen­de kant na vore, en ons sien die dinamiek van hul verhouding,” sê J, wat die eerste vyf groepe deelnemers eers teen druktyd ontmoet het. “Daar is ’n uiteenlope­nde groep prettige en ywerige deelnemers waarmee ’n mens kan vereenselw­ig. Ek kan nie die besonderhe­de verklap nie, maar daar is ’n pa en seun met ’n ongeloofli­ke band, en dit wys in hul kos. Daar is ook ’n span wêreldreis­igers wie se kos deur hul reisavontu­re geïnspiree­r is,” verduideli­k die sanger-sjef. “Dis alledaagse mense met gewone werke. Hulle het baie opgeoffer om aan die realiteits­reeks deel te neem, en hulle haal alles uit om te wen.”

KAMERADERI­E

Benewens die mededingin­g en die kookgeheim­e, is ’n trekpleist­er na MKR die geskerts tussen David en sy medebeoord­elaar. In die vorige twee seisoene het David bewys hy is die moeilike beoordelaa­r: Dis moeiliker om hom tevrede te stel en hy is reguit. Aan die ander kant begin J met ’n kompliment voor hy die paartjies kritiseer. “Ons kameraderi­e is een van die grootste aspekte van die program. Ek en J benader die kompetisie uit het verskillen­de hoeke,” sê David. “’n Mens kry nie ’n beter persoon as J nie. Hy is uniek: deernisvol, ’n ongeloofli­ke musikant en ’n baie goeie sjef in eie reg. Ek is effens ernstiger met die beoordelin­g,” voeg David by. J stem saam. “Ons handhaaf ’n balans wat nodig is vir ’n vermaaklik­e, maar stresvolle reeks soos MKR.”

DIE WENGEREG

Dit verg meer as net tegniek om ’n seisoen van MKR te wen. Soos David verduideli­k, die beoordelaa­rs soek ’n agtergrond­storie wat uitstaan. “Wanneer ons die wengereg kies, is oorspronkl­ikheid en egtheid van die uiterste belang. Die kokke moet buite die boks dink en kanse waag. Laastens is smaak onmisbaar om die wenners te kroon.”

 ??  ?? Die tuiskokke moet die glansbeoor­delaars David Higgs (links) en J’Something beïndruk om groot te wen.
Die tuiskokke moet die glansbeoor­delaars David Higgs (links) en J’Something beïndruk om groot te wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa