TV Plus (Afrikaans)

Misdaad op die dorp

Aanhangers van ware misdaad gaan dol wees oor dié vier nuwe reekse op CBS Justice (*170). Dis tyd om die geheime speurder binne jou vrye teuels te gee.

-

Om misdade op te los verg groot vaardighei­d, dapperheid, instink en natuurlike aanvoeling, volgens Ron Iddles, een van Australië se voorste polisiebea­mpte. Hy is een van die speurders wat jy vandeesmaa­nd in drie reekse in aksie op CBS Justice (*170) kan sien.

THE GOOD COP

Hy het 99% van die sake waaraan hy gewerk het, opgelos, en die mense het na hom verwys as TGM – The Great Man. Maar jy gaan hou van die menslikhei­d wat Ron Iddles in elke episode van die reeks toon. ’n Mens kan agterkom dié moorde het hom werklik geraak

– en dís hoekom hy so vasberade was om dit grondig te ondersoek. Kyk na die uitdagends­te sake, wat deur Ron self vertel word, geïllustre­er deur fassineren­de dramatiese tonele en in ’n moderne misdaad-noir-styl verfilm.

• The Good Cop, Sondae vanaf 5 September om 19:00.

FRAMED BY THE KILLER

Elke jaar word honderde mense reg oor die wêreld gestraf vir misdade wat hulle nie gepleeg het nie. Soms is dit die moordenaar self wat verseker dié skuldigbev­inding vind plaas. Dié reeks delf in daardie sake waartydens die ware skuldige alles in sy/haar vermoë doen om te verseker iemand anders kry die skuld vir hul optrede.

• Framed By The Killer, Sondae vanaf 5 September om 20:00.

ACCIDENT, SUICIDE OR MURDER (SEISOEN 1 EN 2)

In baie gevalle is dit nie duidelik hoe die slagoffer gesterf het nie. Was dit ’n ongeluk, selfdood of moord? Dié uurlange program fokus in elke episode op ’n ander saak. Die doel is om by die kern van die raaisel te kom, deur bewyse bymekaar te maak en verdagtes en getuies te ondervra met die hoop om dit te deurgrond. Een van die fassineren­dste sake is dié van Matthew Gailie wat geskiet is. Dit lyk soos selfdood, maar is dit? • Accident, Suicide Or Murder, weekdae vanaf Maandag 6 September om 20:00.

EVIDENCE OF EVIL (SEASON 3)

Hoewel ’n goeie speurder noodsaakli­k is, sal sommige sake nooit sonder forensiese wetenskap opgelos word nie. Kyk na van die fassineren­dste moorde die afgelope 20 jaar en hoe die wetenskap en tegnologie die skuldiges help vastrek het.

• Evidence Of Evil, weekdae vanaf Maandag 6 September om 21:00.

 ??  ?? Die werklike superpolis­iebeampte Ron Iddles kyk na die stories wat gehelp het om hom die bynaam Die Groot Man te besorg.
Die werklike superpolis­iebeampte Ron Iddles kyk na die stories wat gehelp het om hom die bynaam Die Groot Man te besorg.
 ??  ?? Matthew Gailie se dood lyk soos selfdood, maar wat van die agterdogwe­kkende bankstaat?
Matthew Gailie se dood lyk soos selfdood, maar wat van die agterdogwe­kkende bankstaat?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa