TV Plus (Afrikaans)

’n Toekoms kortgeknip

Verpleegst­er Karen gee die moeilike pasiënt Liam weer hoop.

-

aar is nooit tekort aan drama in die gange van die Binnelandk­liniek nie, en die nuutste dosis wat Binneland-stereo aan die gons het, is die pasiënt Liam Vorster (David Viviers). Hy krap die verpleegst­ers om, want hy is gemeen teenoor sy versorgers, en dinge het nou so versleg, die verpleegst­ers weier om hom te behandel.

Liam se been is by die knie afgesit en sy wond wil om die een of ander rede nie genees nie, wat hom erg frustreer. Boonop wil hy nie die dokters toelaat om ’n prosedure uit te voer wat hom dalk letterlik weer op die been kan bring nie.

Maar een verpleegst­er sien vir dié moeilike man kans: Karen (Luandri Reynders) besluit om die bul by die horings te pak en oorreed Liam om die dokter wat sy been afgesit het, te vergewe.

WAT HET GEBEUR?

Liam was sowat ses maande terug in ’n rotsklimon­geluk in die Drakensber­g. “Sy been is erg beseer en dit het ure geduur voor die helikopter opgedaag het. Hy is baie bitter daaroor – hy dink die dokters het sonder sy toestemmin­g besluit om sy been af te sit.”

David het gereeld 4x4-roetes in Botswana gery en berge geklim, en dit voel of die amputasie sy lewe beëindig het. “Hy was ook amper klaar met sy studie in traumachir­urgie, en nou is alles op ys,” sê David. “Hy is kwaad en verbitterd en boonop vorm sy wond voortduren­d absesse.”

KAREN WEN LIAM SE VERTROUE

Dr. Uys (Gerald Steyn) vra die verpleegst­ers om Liam se wond skoon te maak, maar hulle weier. Karen aanvaar dan die verantwoor­delikheid, al is Liam ook gemeen met haar.

Stadig maar seker wen Karen Liam se vertroue en Liam maak later teenoor haar oop oor sy ongeluk. “Sy wys vir hom die lewe hoef nie verby te wees nie,” sê David. “Hulle het dieselfde sin vir humor, en daar is klein goed wat sy vir hom doen om te wys sy gee om, soos om met ontbyt vir hom twee snye roosterbro­od pleks van net een te bring.”

Sy gee hom ook artikels oor mense wat in dieselfde bootjie as hy is, en vra uit oor sy lewe en drome.

LIAM BLAMEER ANNELIZE

Dit word duidelik dr. Anne

lize (Cindy Swanepoel) en Liam ken mekaar wanneer sy ingeroep word om na sy wond te kyk. “Ek kan nie te veel verklap nie, maar Liam hou Annelize verantwoor­delik vir sy amputasie,” verklap David.

Liam bly ysig teenoor Annelize, wat haar werk ondraaglik maak, maar kykers sal oplet sy dra ook baie skuld oor hom wat aan haar knaag.

Annelize doen navorsing oor hoe sy Liam kan help en vind ’n prosedure genaamd osseo-integrasie. David verduideli­k: “Dit behels die inplanting van metaal in die been van ’n ledemaat wat direk in die prosteties­e ledemaat inskakel. Sodoende word die prostese ’n permanente ledemaat.” Annelize en haar span dokters stel voor Liam ondergaan die operasie, maar hy wil niks weet nie.

LAAT GAAN DIE WROK

Karen konfrontee­r Liam oor hoekom hy die prosedure weier. “Karen sê daar is baie suksesstor­ies van osseo-integrasie. Dis miskien ’n oplossing vir die absesse, infeksies en pyn waarmee Liam sukkel,” vertel David. Dit lyk asof Karen hom later so ver kry om dit te oorweeg, maar jy kan ’n perd net tot by die water lei . . .

 ??  ?? Liam is verbitterd oor sy been wat geamputeer is. Karen werk sagkens met Liam.
Liam is verbitterd oor sy been wat geamputeer is. Karen werk sagkens met Liam.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa