TV Plus (Afrikaans)

’n Helpende hand

Janneke sit hand by wanneer Steve gebuk gaan onder die druk van enkelouer wees.

-

Steve (Clint Brink) se lewe het drasties verander sedert sy verloofde, Elana (Ilne Nienaber), in Julie oorlede is. En die nare werklikhei­d van ’n enkelouer wees, begin by hom insink. Hy het hulp nodig en daar is net soveel wat sy ouer dogter Lexi (Kisha Skeï) as au pair vir sy aanneemkin­ders, Vicky (Roxanne Bornman) en Ruan (Caiden Bouwer), kan doen.

Janneke Stuurman (Roeline Daneel, Alta-Marie in die telenovell­e Arendsvlei, lees meer op ble. 26 en 27), Vicky se maatjie Charlotte (nie op die skerm nie) se ma, sien hoe Steve sukkel en besluit om hand by te sit. Maar Lexi is nie beïndruk deur die mamma nie en wonder wat Janneke se ware bedoelings met haar pa is.

IN DIESELFDE BOOTJIE

Janneke en Steve het baie gemeen: Sy is onlangs geskei en is ook ’n dokter. “Sy verstaan Steve se situasie en het begrip,” sê Roeline. “Hulle is basies in dieselfde bootjie en Janneke weet goed wat dit verg om as enkelouer al die leisels bymekaar te hou.”

Steve vertel Janneke hy is bekommerd oor Ruan wat gedrewe is om te presteer in sy skoolwerk en sportaktiw­iteite. “Steve is bang Ruan probeer sy emosies oor Elana se dood onderdruk deur al sy aandag aan sy skoolwerk en sport te gee,” sê Roeline. “Dit breek Janneke se hart om Steve so bekommerd te sien, dus raai sy hom aan om Ruan te oorreed om met die skool se berader te gesels. So kan Steve verseker Ruan se geestestoe­stand is gesond.”

KEN JOU PLEK

Intussen raak Lexi ál meer ongemaklik met Janneke wat voortduren­d by hul gesin betrokke is. En omdat sy oortuig is Janneke probeer haar pa verlei, maan sy Janneke om haar plek te ken. “Janneke is geskok deur Lexi se konfrontas­ie, veral omdat dit glad nie haar bedoeling is nie,” meen Roeline. Sy kry tot skaam wanneer sy dit later onder Steve se aandag bring. “Dis ’n slegte gesprek om te hê,” sê Roeline. “Sy wil nie vir Lexi in die moeilikhei­d kry nie, maar wil ook nie voel sy moet gedurig op eiers loop wanneer sy by die gesin is nie.”

Steve vat Lexi vas oor haar gedrag teenoor Janneke en reël tot ’n familiever­gadering om Vicky en Ruan te laat verstaan daar is niks romanties tussen hom en Janneke nie. Maar Roeline verklap Janneke hoop wel daar kan dalk eendag iets tussen haar en Steve ontwikkel. “Sy vind hom aantreklik, maar sy weet hy rou nog. Dalk wanneer die tyd ryp is, kan daar iets blom . . . ”

 ??  ?? Janneke (hooffoto) geniet dit om tyd saam met Steve (inlas) en sy gesin deur te bring.
Janneke (hooffoto) geniet dit om tyd saam met Steve (inlas) en sy gesin deur te bring.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa