TV Plus (Afrikaans)

Wie gaan Lee-Roy en Wesley se troue reël?

Drama omdat almal hul sin wil hê.

-

Die skoolliefd­e van Lee-Roy Foster (Roberto Kyle) en Wesley Rossouw (Craig Adriaanse) blom met dié twee jong mans se troue aan die einde van seisoen 3 op Woensdag en Donderdag 22 en 23 September. Tans het die aanloop tot die troue almal in Arendsvlei en rep en roep, want LeeRoy se ma Ronel (Melanie du Bois) wil graag ál die troureëlin­gs behardig. Maar Lee-Roy se pa, Lionel (Jody Abrahams) – wat van Ronel geskei is – wil natuurlik ook sy stempel op die heuglike okkasie afdruk. En die groot struikelbl­ok in Ronel se troureëlin­gspad is haar eksskoonma, Muriel (wyle Shaleen Surtie-Richards), wat as Lee-Roy se ouma self die leisels wil oorneem.

Maar Ronel gaan nie so maklik opgee om alleensê oor die troureëlin­gs te hê en die paartjie te oortuig haar plan is die beste nie. “Lee-Roy het by die dood omgedraai,” sê Melanie met verwysing na toe Lee-Roy verlede jaar kanker gehad het. “Die feit dat hy nog lewe, maak dit net nóg meer spesiaal vir haar.”

RONEL MOET VOORKEUR KRY

“Ronel voel sy is Lee-Roy se ma en hy is haar enigste seun, dus moet sy op een of ander manier voorkeur kry,” verduideli­k Melanie. “Sy is so gewoond daaraan Muriel wil alles oorneem. Die reëlings het nog nie eers begin nie en Muriel onderskat Ronel al klaar.”

Muriel en Lionel gaan so ver soos om Ronel se trouplanne af te loer om seker te maak hulle s’n is beter, verklap Melanie. “Maar soos ons vir Muriel ken, het sy groot planne. Dis vir haar die

event van die jaar, terwyl Ronel net haar seun se dag spesiaal wil maak.” En al werk Muriel en haar seun Lionel saam, is dit eintlik net Muriel se planne wat Lionel slaafs uitvoer.

PAARTJIE IS BESLUITELO­OS

Ronel, asook die Muriel-Lionel-span, lê hul trouplanne aan die paartjie voor, maar Wesley en Lee-Roy kan nie besluit wie s’n om te kies nie. Hulle wil niemand se gevoelens kwets nie en weet hoe graag almal deel wil wees en wil help, sê Craig. “Wesley stel selfs voor hulle moet elope. Ek dink Wesley wil eintlik net die getroude lewe begin ná alles waardeur hulle is. Hy worry nie nog oor ’n groot troue nie,” sê Craig. Roberto voeg by die spesiaalst­e dag in Lee-Roy en Wes se lewe kan nie nog stresvol ook wees nie. “Lee-Roy wil net hê almal moet ophou skel en hul wense respekteer. Hulle verstaan almal is opgewonde, maar die paartjie is baie gesteld daarop dat hul wense nagekom moet word,” sê Roberto. “Hulle wil net

fun hê. Hulle het nie ’n spesiale idee vir hul troue nie, solank hul familie en vriende almal daar kan wees, is hulle happy.”

KINKEL IN DIE KABEL

Wesley en Lee-Roy kondig later aan wie hul troue gaan reël, maar daar is ’n kinkel in die kabel: Hulle kry goeie nuus én ’n krisis tref hulle, maar ons mag niks verklap nie!

Craig gee darem so ’n klein bietjie weg deur te sê: “Wesley en Lee-Roy toets albei partye [wat die troue wil reël] en hulle fail miserably. Dan kom die paartjie met ’n idee vorendag wat almal skok.”

Dit lyk wel asof Ronel en Muriel onverwags ’n ooreenkoms bereik. Melanie sê gelukkig besef Ronel en Muriel hulle wil albei net die beste vir die troupaar doen.

LIONEL IS TROTS VERBY

Maar al dra Muriel en Ronel die paartjie se wense op die hart, kan dieselfde nie van Lionel gesê word nie. Sy idee om die troue spesiaal te maak, is ietwat twyfelagti­g. Jody sê: “Lionel se idees is en was mos maar altyd buite die gewone. Lionel het nog nooit enigiets beplan nie, maar die seuns het hom betrek omdat hy Lee-Roy se pa is. Terwyl die ander ernstige planne het, vat Lionel dit ’n bietjie rustiger en is sy planne die teenoorges­telde van die ander s’n.”

Hy sê Lionel maak g’n geheim daarvan dat hy enigiets sal doen om LeeRoy gelukkig te maak nie. “Lee-Roy en sy pa is al deur baie en hulle is die afgelope tyd op ’n baie mooi plek. Lionel is trots verby.” Nou moet ons net sien wat is Lionel se plan en hoe die troue gaan verloop! • Lees meer op ble. 3 en 70.

 ??  ?? Lionel se ma en Lee-Roy se ouma, Muriel, wil die troue die grootste gebeurteni­s in Arendsvlei maak.
Lionel se ma en Lee-Roy se ouma, Muriel, wil die troue die grootste gebeurteni­s in Arendsvlei maak.
 ??  ?? Ronel (links) wil as Lee-Roy (naaslinks) se ma net die beste vir haar seun hê. By hulle is, van links, Wesley (middel), Lionel en Muriel.
Ronel (links) wil as Lee-Roy (naaslinks) se ma net die beste vir haar seun hê. By hulle is, van links, Wesley (middel), Lionel en Muriel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa