TV Plus (Afrikaans)

Beatrice en Jake se verhouding onder die loep

Hoekom het hy haar nie laat weet hy is terug in Arensvlei nie?

-

Beatrice Cupido (Jolene Martin), die skoolhoof van Arendsvlei, is stomgeslaa­n wanneer sy uitvind die man in haar lewe, Jake Sylvester (Clayton Everston), is in Arendslvei.

Dié speurder wat voortduren­d onder die dekmantel werk en nie lank op een plek is nie, hang nou uit by Lennie (Dann-Jacques Mouton) se boksklub by die kerk – maar hy het nie ’n woord daarvan vir Beatrice gesê nie.

Boonop weet niemand by die boksklub hy is Jake nie. Hulle leer hom ken as Jo Johnson, ’n nuwe bokser wat Arendsvlei toe getrek het. En die ergste van alles? Jo/Jake skuur nou skouers met Ingrid (Rehane Abrahams) – die einste vrou wat haarself eers Wendy genoem het en Beatrice se man, David (Oscar Petersen) verlede jaar vermoor het . . .

VERSKUILDE AGENDA

Beatrice is verward wanneer sy uitvind die man wat sy verlede jaar ontmoet het toe sy haar memoir in die berge gaan skryf het om haar man se dood en ’n ander liefdestel­eurstellin­g te verwerk, is in die omgewing sonder om ’n woord te rep. “Sy is ontsteld omdat hy haar nie gesê het hy is in Arendsvlei nie. En dis nóg erger wanneer sy hom saam met Ingrid sien,” sê Jolene.

Op sy beurt hou Jo/Jake ook nie daarvan om iets vir Beatrice weg te steek nie, sê Clayton. Maar kapt. Karelse (Charlton George), wat Ingrid/ Wendy steeds ondersoek en aan die pen wil laat ry, het Jo/Jake tot stilswye gesweer. “Kapt. Karelse het hom geroep om weer undercover te werk. Karelse vermoed Ingrid is besig met iets onderduims, en om Jake by die boksklub in te kry, is die perfekte plan en gee

Jake kans om ’n ogie oor Ingrid te hou.”

INGRID SE INTENSIES

Ingrid – wat altyd op soek is na nuwe pionne om in haar ondergrond­se bedrywighe­de te gebruik – stel dadelik belang in Jake, al gooi sy ook haar flikkers vir Lennie. “Maar sy maak ook seker Jake weet sy is baas en sy vat nie nonsens nie,” sê Clayton, wie se karakter nou in ’n moeilike posisie is.

Omdat Jake altyd reg oor die land en min in Arendsvlei werk, weet niemand hy en Beatrice is ’n paartjie nie. Boonop kan hy nie vir Beatrice sê presies wat hy by die boksklub doen nie. “Beatrice weet dis sy werk om geheimsinn­ig te wees, dus moet sy besluit of sy hom ten volle vertrou,” sê Jolene. Maar ná al haar seer is dit makliker gesê as gedaan. En ons weet hoe vinnig kan Ingrid/ Wendy iemand om haar pinkie draai.

 ??  ?? Beatrice Cupido (hooffoto) en Jake Sylvester (inlas) se verhouding is vir almal ’n geheim omdat hy ’n speurder is wat onder die dekmantel werk. Hy gee tans voor hy is ’n bokser by die kerk se boksklub wat deur Lennie bestuur word.
Beatrice Cupido (hooffoto) en Jake Sylvester (inlas) se verhouding is vir almal ’n geheim omdat hy ’n speurder is wat onder die dekmantel werk. Hy gee tans voor hy is ’n bokser by die kerk se boksklub wat deur Lennie bestuur word.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa