TV Plus (Afrikaans)

Spanning en agterdog

Amanda en Bart ontdek hulle het gevoelens vir mekaar.

-

Dinge is krapperig tussen Kristien (Marlee van der Merwe) en Amanda (Natasja Jacobs). “Albei is sterk, dinamiese vroue en die een is nie bereid om vir die ander terug te staan nie,” sê Natasja.

Die wrywing tussen die twee skakelbeam­pte-kollegas het toegeneem toe Kristien se eksman, Bart (Pierre Breytenbac­h), met wie sy nou weer in ’n verhouding is, onlangs vir Amanda betroubare inligting oor die skelm JJ (Zak Hendrikz) gegee het. Amanda het daarna die inligting – dat JJ sy ma, Magda (Elzabé Zietsman), en haar man, Pottie (Christo Compion), met hul besigheid Potties wou indoen – aan die nuuswebwer­f SinBin uitgelek, wat ’n artikel daaroor gepublisee­r het.

Dat Bart Amanda met die inligting vertrou het en nie vir Kristien nie, is steeds vir Kristien ’n doring in die vlees. En boonop lyk die twee net te danig met mekaar.

VERRAAD EN WANTROUE

Kristien voel verraai deur Amanda, sê Marlee. “Nadat Amanda se man, Reitz (Sean van Noordwyk), in Julie in ’n motorongel­uk oorlede is, was

Kristien die een wat haar oor Amanda ontferm het omdat sy so alleen is.” Eintlik is Kristien vies vir haarself, voeg sy by. “Sy weet nie hoekom sy vir Bart, wat belowe het hy het ’n nuwe blaadjie omgeslaan, ’n tweede kans gegee het nie, want sy ken Bart se geskiedeni­s. Haar vroulike intuïsie vertel haar sy kan hom nie meer vertrou nie.”

KWESBAAR EN BROOS

Amanda is intussen op ’n donker plek en mis Reitz. “Amanda het koud, bitter en hard geword ná Reitz se dood, en sy het besluit om haarself te beskerm om nooit weer so seer te kry wanneer sy iemand verloor nie. Maar ’n mens bly maar ’n mens, en elkeen van ons soek liefde en toegeneent­heid,” voeg Natasja by.

Dus kan sy dit nie help wanneer dit lyk asof sy en Bart aanklank by mekaar vind nie. Die aantrekkin­gskrag is wederkerig en Bart soen Amanda. “Amanda is nog geensins gereed om by iemand betrokke te raak nie en dit gebeur impulsief,” vertel Natasja.

Die soen bly nie ’n geheim nie: Amanda se kollega Lienkie (Mandi du Plooy-Baard) sien toevallig die intieme toneel. Of Lienkie dit net vir haarself gaan hou, is ’n goeie vraag. En hoe lank gaan dit duur voor Kristien uitvind hoe die wind nou waai en dat haar kêrel gevoelens vir Amanda het? Praat van ’n moontlike katgeveg op kantoor!

 ??  ?? Amanda (links) en haar kollega Kristien sit nie meer langs dieselfde vuur nie, en Kristien voel Amanda ondermyn haar.
Amanda (links) en haar kollega Kristien sit nie meer langs dieselfde vuur nie, en Kristien voel Amanda ondermyn haar.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa