TV Plus (Afrikaans)

Liefde op die horison

Linda maak haar verskyning in Ruiterbosc­h en vang dadelik Bennie se oog.

-

Daar is altyd opwinding wanneer ’n nuwe gesig in Ruiterbosc­h verskyn, want almal wag om te sien of die karakter boos gaan wees of harte gaan verower. En iets sê vir ons Linda (Melissa Willering, Chrissie Bekker in Getroud Met Rugby, lees meer op bl. 28), Susan (Natasha van der Merwe) se jonger sussie, gaan gou ’n gunsteling word en in harte kruip!

IETS IS AAN DIE BLOM

“Linda is outisties,” vertel Melissa. Sy woon en werk in Johannesbu­rg maar kuier tans by haar suster terwyl sy met vakansie is. Almal is hoflik en vriendelik teenoor Linda, maar daar is een inwoner, Bennie (Richard September) wat effens verstandel­ik gestremd is, wat in meer as vriendskap belangstel. “Bennie is gefassinee­r deur Linda en aanvanklik verstaan hy nie haar optredes nie, soos dat sy nie mense in die oë kyk nie of ’n obsessie met tyd het. Hy laat Linda selfbewus voel, maar soos die tyd aanstap, geniet sy Bennie se geselskap en ontwikkel ook ’n belangstel­ling in voëls – iets waarvoor Bennie ’n groot passie het,” sê Melissa.

LINDA WIL ONAFHANKLI­K WEES

Sus Susan is nie baie gelukkig oor die gevoelens wat tussen Linda en Bennie broei nie en probeer ’n stokkie voor Bennie en Linda se eerste afspraak steek. “Linda is baie lief vir haar sussie, maar Susan kan oorbeskerm­end wees en dit veroorsaak groot frustrasie vir Linda wat daarna smag om meer onafhankli­k te wees,” sê Melissa.

Intussen groei Bennie se gevoelens vir Linda en hy probeer haar soen, maar Linda vlug! “Sy weet nie wat om te doen met al die emosies wat sy ervaar nie,” verduideli­k Melissa. Maar kort daarna het Linda ook sterre in haar oë wanneer sy en Bennie op ’n romantiese tweede afspraak gaan – en uiteindeli­k mekaar behoorlik soen. Wat gaan Susan doen?

’N UITDAGENDE ROL

Melissa vertel die rol van Linda was ’n uitdaging omdat sy al die maniertjie­s van iemand met outisme moes aanleer om die rol te speel. “Ek het baie navorsing gedoen en geleer oor hul obsessies, repetisies en onvermoë om te jok. Ek het dit alles in my vertolking van Linda uitgebeeld.”

Melissa is ook te sien in die drama Nêrens, Noord-Kaap (lees meer op ble. 14-15) waarin sy die rol van Fleur, ’n Nederlands­e meisie, speel. “Sy gaan ’n groot impak op een van die drie broers hê,” verklap Melissa. Maar meer wil sy nie nou uitlap nie.

Melissa gaan vir sowat sewe weke as Linda in Suidooster te sien wees en sy verseker daar kom nog lekker drama.

 ??  ?? Bennie (links) en Linda lyk skoon ongemaklik wanneer hulle saam is, maar hulle smaak mekaar baie!
Bennie (links) en Linda lyk skoon ongemaklik wanneer hulle saam is, maar hulle smaak mekaar baie!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa