TV Plus (Afrikaans)

Skuldig of onskuldig? MURDER AND JUSTICE: THE CASE OF MARTHA MOXLEY

Om ’n moordenaar te vang, is nooit eenvoudig nie. Dié nuwe programme oor ware misdaad op CBS Justice (*170) toon bewyse teen iemand beteken nie altyd hy is skuldig nie.

-

In een van die mees veelbespro­ke sake van sy tyd, is Martha Moxley onder ’n boom in hul voortuin gevind. Die 15-jarige meisie is met ’n swaar voorwerp doodgeslaa­n en Michael Skakel, ook

15, is vir die moord gearrestee­r. So baie dinge van dié saak het die mense se aandag aangegryp, en spesifiek dat Michael se tante Ethel Kennedy, Robert F. Kennedy se weduwee, was.

Michael het teen sy skuldigbev­inding geappellee­r en is jare later vrygelaat. Dié kragtige reeks in drie dele, wat aangebied word deur die voormalige federale aanklaer en regsontled­eruitsaaie­r Laura Coates, kyk weer na die saak om te probeer vasstel wat werklik gebeur het. Sy soek vars bewyse, kyk na verskillen­de leidrade en praat met getuies en ondersoeke­rs wat nou aan die saak verbind was. Hoekom het geregtighe­id die Moxley- gesin vir so baie jare ontwyk?

Begin op Sondag 26 September om 20:00. AN UNEXPECTED KILLER

Dié reeks oor ware misdaad het kinkels wat jou voor die TV vasgenael gaan hou. Die episodes verken ’n moordsaak wat eenvoudig lyk om op te los, maar die oomblik wanneer die speurders met hul ondersoek begin, word dit duidelik dinge is nie soos dit lyk nie. Net wanneer die saak byna afgehandel is, word dringen-de nuwe bewyse onthul wat toon die moordenaar is iemand wat niemand verwag het nie. Dramatiser­ings van die ware gebeure neem jou na die kern van die misdaad en sal jou aan die raai hou. Jy gaan verbysterd wees!

• Weekdae om 19:00 vanaf Maandag 27 September.

HOMICIDE’S ELITE

Dié grootmenee­r-speurders van

Atlanta het saam 50 jaar diens in die mag – en jy kan verseker wees indien daar misdadiger­s in hul distrik is, gaan hulle vasgetrek word. Die werklike speurders David Quinn en Vince Velazquez is die vertellers in dié reeks wat dramatiser­ings van hul bekendste sake insluit, vanaf die 911- oproep tot wanneer die saak opgelos en die misdadiger­s gearrestee­r is.

Weekdae om 21:00 vanaf Maandag 27 September.

 ?? ?? Homicide’s Elite volg twee werklike speurders terwyl hulle moordenaar­s probeer vastrek.
Homicide’s Elite volg twee werklike speurders terwyl hulle moordenaar­s probeer vastrek.
 ?? ?? Martha Moxley is as ’n 15-jarige vermoor.
Martha Moxley is as ’n 15-jarige vermoor.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa