TV Plus (Afrikaans)

BOLD Nou in Amerika

-

Finn en Steffy se huwelik is nog nie eers amptelik nie, maar Finn bly in ’n gastehuis om Steffy ruimte te gee nadat hy vir haar gelieg het oor sy ontmoeting met sy biologiese ma, Sheila. Paris, ’n mede-inwoner van die gastehuis, troos Finn, en Sheila word flou in Finn se sitkamer. Zende besef Paris is verlief op Finn, en maak jou gereed vir ’n klap nadat Sheila vir Steffy treiter. Eric hoor hoe Quinn teenoor Shauna beken sy het ’n passievoll­e verhouding opgeoffer om na Eric terug te keer – nadat Eric haar aanlêery in die slaapkamer verwerp het.

DAYS

Die distrikspr­okureur Melinda Trask belowe om die DiMera-familie tot ’n val te bring, Allie ruïneer Chanel se afspraak met Johnny, en EJ gee Johnny en Chad raad oor die liefde. Ciara vra Ben om ’n baba saam met haar te hê, Chloe waarsku Philip om sy jaloesie te beheer nadat sy en Brady gedwing word om ’n hotelkamer te deel, en Anna en Tony vlieg na Zürich om Carrie te besoek. Marlena en John vlieg na Zürich nadat die Almanian Peacock gesteel is, Paulina nooi Eli en Lani na Miami, en Xander daag ongenooid by Bonnie en Justin se troue op.

Y&R

Abby noem haar baba Dominic, en Devon is oorweldig deur sy verbinteni­s met die baba. Abby is geskok om Mariah te betrap wat Dominic voer, die baba met wie Mariah ’n band gevorm het as “Bowie” tydens haar ontvoering. Nate help Ashland nadat Ashland uit ’n rowwe chemo-sessie kom, en Elena verwerp Victor se werksaanbo­d by Newman Media en word die woordvoerd­er van Ask MD Now ná Nate se bedanking. Adam en Sally verstom die gaste by die Newman Media-partytjie wanneer hulle saam daar opdaag, Sally en Phyllis baklei ten aanskoue van almal, en Adam verwerp Sally se toenaderin­g en breek haar hart.

 ?? ?? Phyllis gooi Sally sopnat by die Newman Media-bekendstel­lingsparty­tjie.
Phyllis gooi Sally sopnat by die Newman Media-bekendstel­lingsparty­tjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa