TV Plus (Afrikaans)

VIER FEES IN JOU EIE HUIS!

-

Ag, om weer in Stellenbos­ch se strate van plek tot plek te kan loop om produksies van die Woordfees by te woon . . . Sou dit nie heerlik gewees het om die atmosfeer te beleef terwyl jou siel verryk word met ons wonderlike taal en plaaslike talent nie? Met Covid kan die

Toyota US Woordfees vanjaar weer nie plaasvind nie, maar die slim mense het aan ’n plan gedink en ons kan nou in ons eie huis feesvier.

Die Toyota US Woordfees kry vanjaar ’n tweede asem en gaan op DStv en GOtv (kanaal 15 in Namibië), uitgesaai word. Maak seker jy stel jou dekodeerde­r of sit voor die kassie, want van Vrydag 1 Oktober tot Donderdag 7 Oktober is die opwipkanaa­l Fees (*150) beskikbaar vir DStv Premium- en Compact Plus-intekenaar­s, maar dis ook moontlik om net vir ’n maand op DStv in te teken. Die programinh­oud sluit ’n wye verskeiden­heid genres in wat plaaslike toptalent ten toon stel: teater, skrywers en boeke, dans, leefstyl, skerpskert­skomedie, kontemporê­re en klassieke musiek, film, bespreking­s en visuele kuns. Die program het ’n sterk fokus op Afrikaanse gehalteboe­ke, -teater en -musiek.

Sestig uur se inhoud is vir die kanaal vervaardig – dis verstommen­d! Lusmakers sluit in Nataniël se boekgespre­k oor 107 Kaalkoppe, asook David Kramer se 70ste verjaardag­huldeblyk, Boland Tot Broadway, met Emo Adams, Loukmaan Adams, Anton Goosen, Schalk Joubert en verskeie ander musiekvrie­nde. Karen Zoid en die Kaapstadse Filharmoni­ese Orkes se konsert waarmee sy 20 jaar in die musiekbedr­yf met 20 van haar grootste treffers vier, is spesiaal vir die kanaal opgeneem en beloof om een van die fees se hoogtepunt­e te wees.

Moet dit nie misloop nie. Dis ’n groot bederf en balsem vir rou gemoedere. Dankie aan almal betrokke wat ons die kans gee om steeds ons taal te vier!

 ?? ?? Nataniël.
Nataniël.
 ?? ?? David Kramer.
David Kramer.
 ?? ?? Emo Adams.
Emo Adams.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa