TV Plus (Afrikaans)

Groot drama wag nog op Arendsvlei se inwoners

Dinge is nooit rustig in die Vlei nie . . .

-

Arendsvlei het al 520 episodes agter die rug, en seisoen 4 begin op Maandag 27 September. Hier is van die storielyne wat wag in dié seisoen (dis nog onseker hoeveel episodes daar gaan wees en of dit die laaste seisoen is, maar tvplus hou jou op hoogte!)

WILLEM

In seisoen 4 leer ons Willem Jansen (Reuben Engel) beter ken. Hy is Eugene (Earl Kruger) se ongenaakba­re pa wat sy seun dryf om harder te wees en meer selfvertro­ue te hê. Ons vind meer oor Willem se agtergrond uit – soos sy swak gedrag wat sy vrou weens spanning in ’n kliniek laat beland het. Arme Eugene het dus nie eers ’n ma om hom teen sy pa te beskerm nie. Lennie (Dann-Jacques Mouton), wat die boksklub besit, wil Eugene help, maar sukkel. Tot Eugene ’n boksgeveg teen sy pa reël.

AYESHA

Ayesha (Megan Saayman), die halfsuster van Janice (Crystal-Donna Roberts), kuier steeds by Janice. Ayesha bring ook graag tyd saam met haar niggie,

Debra (Kay Smith), deur. Ayesha kry onverwags die geleenthei­d om by Hoërskool Arendsvlei te werk, wat daartoe lei dat sy vir tyd en wyl by Janice en haar lewensmaat, Lionel (Jody Abrahams) intrek. Ayesha word deel van die familie, maar daar is baie drama tussen haar en Lionel, asook tussen haar en Debra.

LANGES

Langes (Bobby Stuurman) het onlangs eers vertel hoekom hy van die huis af weggeloop het: Hy kon net nie verdra hoe sy ma en haar kêrel hom behandel het nie en het verdwyn. Daai einste man met wie sy ma deurmekaar was, loop hy nou in Arendsvlei raak. En Langes wonder dadelik of sy sussie – oor wie hy onlangs eers begin praat het – dan ook in die omtrek is. Langes probeer speurder speel, want hy wil nie uitgevang word deur hierdie man nie. Wanneer hy uiteindeli­k sy sus vind, wag ’n reuseskok op hom . . .

NÓG ’N BEDERFBROK­KIE!

Daar is oudergewoo­nte weer ’n troue in seisoen 4! ’n Nuwe onderwyser daag in Arendsvlei op wat groot drama beloof. Ingrid (Rehane Abrahams) is ook lank nie klaar met haar bose planne nie en vir kapt.

Karelse (Charlton George) se onthalwe hoop ons hy kan haar dié keer vaskeer!

 ?? ?? Lennie (links) probeer die spanning tussen Willem (middel) en Eugene (regs) oplos. Willem en sy seun, Eugene, boks later hul verskille in die kryt uit.
Lennie (links) probeer die spanning tussen Willem (middel) en Eugene (regs) oplos. Willem en sy seun, Eugene, boks later hul verskille in die kryt uit.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa