TV Plus (Afrikaans)

American Detective With Lt. Joe Kenda

-

Seisoen 1 ID (*171) 21:00 Ware misdaad

Skurke in Amerika ken die naam Joe Kenda alte goed. Kykers het hom in die dokkiereek­s Homicide Hunter: Lt. Joe Kenda ontmoet, en hy’s terug met sy nuwe reeks, American Detective With Lt. Joe Kenda, waarin die afgetrede speurluite­nant sy 23 jaar se ervaring benut om kykers minderbeke­nde sake te bied wat speurders tot in hul wese geruk het. “Elke episode fokus op ’n ander speurder se soektog na moordenaar­s en hoe hulle uiteindeli­k voor die reg gedaag is,” sê Joe. “Die sake word gedramatis­eer en aangevul met argiefonde­rhoude vir eksklusiew­e insig.”

Joe het nog nie sy TV-ster-roem 1 verwerk nie. “Dis absoluut bisar. Ek het dit glad nie verwag nie, en tot vandag word ek steeds daardeur verras. Dis ’n geval van ‘Ekskuus, jy wil my handtekeni­ng hê? Hoekom?’” beken hy. Gedurende sy tyd as ’n moord2 speurder het Joe en sy span 356 van sy 387 sake opgelos, wat ’n sukseskoer­s van 92% is.

Die 75-jarige oud-speurder het by3 na in die politiek beland – hy het in 1967 ’n B. A.- graad in staatsleer aan die Universite­it van Pittsburgh verwerf en in 1970 ’n M.A.- graad in internasio­nale politiek aan die Ohio-universite­it. Joe het in 1996 afgetree nadat ’n 4 pedofiel in-aanhouding sy slagoffers geblameer het. “Ek kon dit nie glo nie. Dit was walglik. Ek het van die ondervragi­ngskantoor na my lessenaar gegaan en my bedanking uitgetik,” vertel hy. Joe was daarna ’n busbestuur­der vir kinders met spesiale behoeftes.

Joe het nie draaiboeke vir sy reeks 5 nie, en sê: “Ek het dié sake geleef. Ek weet wat ek verduideli­k.”

 ?? ?? Daar’s geen wegkomkans van Joe Kenda se lang arm van die gereg nie.
Daar’s geen wegkomkans van Joe Kenda se lang arm van die gereg nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa