TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

-

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

Die verpleegst­ers en beste vriendinne Karen (Luandri Reynders) en

Gaby (Maude Sandham) in Binnelande­rs is in ’n reuseliefd­esverwarri­ng vasgevang.

Gaby bestee die afgelope ruk al haar tyd aan manvang – vir haarself én Karen. Nie net probeer sy ’n man aan Karen afsmeer nie, maar sy vra ook knaend vir dr. Uys (Gerald Steyn) uit. “Karen en Uys is albei moedeloos oor Gaby se gekarring en Uys stel as ’n grap voor hulle maak of hulle saam is om só vir Gaby van hul nek af te kry,” vertel Luandri. Maar dit was duidelik nie ’n grap nie, want kort daarna doen Uys dit ook sommer – toe Gaby hom weer vra, sê hy nee, hy het ’n afspraak met Karen. Dit snoer onmiddelli­k Gaby se mond, maar nou moet hulle voorgee – en Gaby is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie.

Sy kom gou agter Uys en Karen jok oor hul kamstige verhouding. “Boonop sien sy hoe Karen gevoelens ontwikkel vir haar pasiënt, Liam (David Viviers), wat sy tans versorg,” verklap Luandri.

Karen besluit om oop kaarte met Gaby te speel oor haar en Uys se “verhouding”, maar Gaby is afsydig. En wanneer die waarheid wel aan die lig kom, ontaard dit in ’n hewige stryery tussen Gaby en Karen. “Gaby konfrontee­r Karen oor hoe sy so kon jok, en sê sy het lankal ’n slang in die gras gesien,” sê Luandri.

Wanneer Gaby sien hoe besorg Karen is oor Liam se operasie wat voorlê, maak hulle vrede, en Gaby erken aan Karen sy voel nog iets vir Uys. Gaan die liefdeskno­op uitgestryk word? Een ding is seker: Daar lê nog baie drama voor.

• Lees meer op ble. 26 en 27.

 ?? ?? Karen (regs) is aanvanklik nie beïndruk met Uys (links) se voorstel dat hulle voorgee om saam te wees nie.
Karen (regs) is aanvanklik nie beïndruk met Uys (links) se voorstel dat hulle voorgee om saam te wees nie.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa