TV Plus (Afrikaans)

Getroud Met Rugby

-

Weekdae kykNET (*144) 18:00 Sepie

Almal is opgewonde wanneer ’n nuwe stilis, Meyer Burger (Stiaan Smith), by die haarsalon Bibi’s begin werk. Meyer is aantreklik en sjarmant en stel al die kliënte op hul gemak. Maar in die salon lyk dit asof die hare gaan waai. Die eienares, Bibi (Stephanie Petersen), is jaloers wanneer talle van haar gereelde kliënte nou na Meyer gaan. En sy en haar vennoot Maryke (Marijke Coetser) bespiegel oor Meyer se seksualite­it.

Sy eerste dag op die stel van Getroud Met Rugby was ’n aanpassing. Stiaan vertel: “Dis gewoonlik oorweldige­nd op die stel van enige nuwe produksie en ’n sepie het sy eie ritme. Maar die hele span was baie tegemoetko­mend.”

Hy het al in talle flieks gespeel, soos Toorbos (2019), en meer onlangs as Daniel Steyn in die kykNET-reeks Spoorloos 3: Steinhof. Hy is ook in Getroud Met Rugby se skryfspan.

Dis Stiaan se eerste rol as ’n haarstilis en ook sy eerste gay karakter. “Ek kan my met Meyer se persoonlik­heid en lewensuitk­yk vereenselw­ig. Ek moes my huiswerk doen om beter te verstaan wat dit beteken om vandag ’n gay man te wees,” vertel hy. Hy sê sy karakter is emosioneel intelligen­t en straatslim. “Hy weet mense gis oor sy seksualite­it en hy trek graag hul siel uit terwyl hulle die waarheid probeer uitvis.” Stiaan sê Meyer is enkellopen­d, maar nie noodwendig op soek na ’n man nie. “Maar hy is beslis beskikbaar wanneer die regte ou sy pad kruis.” Meyer ontmoet die spiertiere in die Stryder-span vandag en dan sal kykers sien of hy in enige van die manne belangstel. Lees meer op ble. 22 en 23.

 ?? ?? Die nuwe haarstilis Meyer, wat by die haarsalon Bibi’s begin werk het, laat al die meisies oor hom gis.
Die nuwe haarstilis Meyer, wat by die haarsalon Bibi’s begin werk het, laat al die meisies oor hom gis.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa