TV Plus (Afrikaans)

The Blacklist

-

Seisoen 8 M-Net (*101) 21:30 Drama

Stof jou reënjas af en sit daardie fedora versigtig teen ’n hoek op – die misdaaddra­mareeks The Blacklist is terug met meer spanning, opwinding, en vrae wat antwoorde vereis. Seisoen 7 het kykers met ’n half-geanimeerd­e episode gelaat weens Covid-19 wat produksie voortydig gesluit het. Maar wanneer die nuwe seisoen begin, is agent Liz Keen (Megan Boone) en die misdaadgen­ie Raymond (Red) Reddington (James Spader) terug in al hul glorie.

Liz se samewerkin­g met haar spioenma, Katarina Rostova (Laila Robins) is in die middel van hierdie seisoen se storielyne wanneer hulle saamsweer om Red vas te trek, wat Liz gehoor het ’n bedrieër is. “Ek dink nie sy (Liz) kan heeltemal teen

Red draai nie. Sy het sekere inligting gekry en hy wil niks sê nie,” sê James. “Raymond is ’n enigma. Hy laat Liz toe om hom te haat, tirades te hê en komplotte teen hom te smee welwetende sy het nie al die inligting nie. Dit sal hierdie seisoen aandryf wanneer die pas versnel.”

Hoewel Red Liz gaan aanmoedig, gaan hy nie Katarina, die vrou wat hy liefgehad het, toelaat om alles bloot te lê nie. “Dus vermoor hy haar. Dis eenvoudig – dis oorlewing van die fiksste en Red kan nie hierdie geveg verloor nie,” sê die skepper van die reeks, Jon Bokenkamp. “Dit sal Elizabeth (Liz) deur die seisoen op ’n wraaktog stuur om Raymond dood te maak. Dié optrede laat haar opskuif op The Blacklist en sy word die hoofteiken vir die taakmag, wat sy die rug toegekeer het. “Sy gee nie om oor die gevolge nie. Sy het geen ander keuse as om Red ten sterkste teë te staan nie, en die nasleep gaan baie interessan­t wees,” sê Jon.

 ?? ?? Red (links) en Liz is aan teenoorges­telde kante in seisoen 8.
Red (links) en Liz is aan teenoorges­telde kante in seisoen 8.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa