TV Plus (Afrikaans)

Gekies Vir Die Kollig

-

Seisoen 1 VIA (*147) 18:30 Realiteit

Die akteur Edwin van der Walt (Wian Marais in die dramareeks Fynskrif) se passie is die plaaslike vermaakbed­ryf, en daarom het hy NovieGuide, ’n aanlyn e-kursus vir filmwerk gestig. “Dis spesifiek gerig op jong mense wat nie die geld of geleenthei­d het om rolprent- en TV-werk aan ’n universite­it te studeer nie,” sê Edwin. Die besigheid is nog jonk, maar het vinnig aandag getrek, spesifiek van die Afrikaanse Taal- en Kultuurver­eniging (ATKV). “Hulle het ons genader om betrokke te raak by die ATKVDigiTo­neel-kompetisie waartydens tieners die geleenthei­d kry om hul eie monoloë te skryf onder ’n nuwe temawolk en dan vir beoordelin­g te verfilm,” vertel Edwin. “Ons het die idee gekry om die kompetisie in ’n TV-reeks te omskep en so is Gekies Vir Die Kollig gebore.”

Edwin is die aanbieder, regisseur en vervaardig­er. “Daar is net vier episodes, maar die inhoud is topgehalte en die deelnemers se ongeloofli­ke talent het my asem weggeslaan.” Daar is 10 tieners van reg oor die land en van hulle het self hul oorspronkl­ike monoloë geskryf. Ander het hulp van medeskrywe­rs gekry. “Kykers gaan verras wees wanneer hulle die eindproduk­te sien. Van die monoloë is kortfilms en die gehalte is puik. Dit gee my hoop vir die toekoms van die vermaakbed­ryf,” sê Edwin.

Ses mentors help die deelnemers, onder andere die akteurs Pietie Beyers (Roelof Schoeman in die dramareeks Siende Blind) en Lea Viviers (Yola in die Showmax-reeks Dam). Die DigiToneel-trofee, R5 000 en ’n jaar se lidmaatska­p van NovieGuide is op die spel. “Kykers gaan verstom wees oor wat dié jong deelnemers kan vermag.”

 ?? ?? Edwin se doel is om die vermaakbed­ryf te ontwikkel.
Edwin se doel is om die vermaakbed­ryf te ontwikkel.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa