TV Plus (Afrikaans)

Sien dit eerste BOKSSTELLE VIR INTERNASIO­NALE TITELS

Kry vroeë toegang tot episodes van jou gunsteling programme op DStv, en kettingkyk selfs volledige seisoene terwyl al die ander nog episode 1 kyk. oene

-

Is jy verslaaf aan DStv se plaaslike telenovell­es? Of het jy die eerste episode van een van sy splinternu­we internasio­nale reekse gekyk en kan nie wag om te sien wat volgende gebeur nie? DStv het voorsorg getref.

Jy kan nou nuwe episodes van Legacy (lees meer op bl. 25), Suidooster (lees meer op ble. 28, 29 en 43) en The River ’n dag voor die episode-première kyk. En jy kan vroeë toegang kry tot die volledige boksstelle van splinternu­we internasio­nale reekse soos Cold Courage seisoen 1 en Hacks seisoen 1 onmiddelli­k nadat dit uitgesaai is. Kry boonop vroeë toegang tot nuwe episodes van Love Island UK seisoen 7 (lees meer op bl. 7) en Evil seisoen 2.

Al wat jy hoef te doen, is om Catch Up via die DStv-app te kyk deur jou DStv Explora of Explora Ultra met die internet te verbind. Daar sal jy ’n reël getiteld Early Access vind, met programme wat jy kan kyk voor hulle op die tradisione­le TV uitgesaai word. de première ang sstelle ers

HOE WERK DIT?

DStv sal die nuutste episodes van Legacy, The River en Suidooster beskikbaar­stel aan kliënte een dag voor dit op die onderskeie kanale uitgesaai word. Dit beteken indien jy pas as die jongste episode van The he River op 1Magic ( (*103) 103 gekyk het, k kan jy j na Catch Up op o die DStv-app gaan of op jou j Explora wat met die internet verbind is en on onmiddelli­k die volgende e episode kyk – voor dit v vir die eerste keer die v volgende dag uitgesaai w word.

En indien jy die laaste ep episode van die week geky gekyk het, sal Maandag se episo episode ook op Catch Up beskikbaar w wees, en jou sodoende in staat stel om Maandag se episode van Legacy Donderdae vanaf 19:31, en Maandag se episode van The River en Suidooster op Vrydae vanaf 19:31 te kyk.

DStv maak só seker jy is dus altyd een episode voor almal.

Buiten dat DStv jou vroeë toegang bied tot die jongste episodes van jou gunsteling-telenovell­es, bied DStv aanhangers van internasio internasio­nale reekse ook toegang tot volledige seiso seisoene van geselektee teerde programme o onmiddelli­k nadat die d eerste episode uitgesaai u is.

Dit beteken ind dien jy episode 1 va van Hacks op M-Net gek gekyk het, kan jy na Catch Up op jou DStvapp of Ex Explora, wat met die i internet verbind bi is, gaan om onmiddelli­k ná die episode die res van die seisoen te kettingkyk! En jy kan dieselfde met Cold Courage seisoen 1 doen.

Het jy Evil seisoen 1 geniet? Dis jou gelukkige dag – M-Net het agt episodes van Evil seisoen 2 onmiddelli­k aan die einde van die eerste episode van die nuwe seisoen op Woensdag 8 September om 22:31 beskikbaar­gestel. Dit beteken aanhangers kan onmiddelli­k episodes 1-8 op Catch Up kettingkyk, en daarna die vyf oorblywend­e episodes weekliks kyk wanneer die program terugkeer van sy produksiep­ouse.

Vir aanhangers van realiteits-TV bied DStv vroeë toegang tot die hele week se episodes van Love Island UK seisoen 7. Skakel oor na Catch Up op jou DStv-app of Explora, wat met die internet verbind is, onmiddelli­k ná Maandag se episodes om

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa