TV Plus (Afrikaans)

Ure se kykgenot

Showmax het al jou gunsteling-boksstelle om te kettingkyk.

-

Hoekom moet jy wag om elke week ’n nuwe episode van jou gunsteling-reeks te kyk wanneer jy eenvoudig volledige seisoene en selfs boksstelle kan kettingkyk? Dit maak nie saak wat jou kyksmaak is nie, daar is baie op Showmax vir almal om te kyk!

CHASING THE SUN

Sportbiogr­afie. Ses episodes. Een Wêreldbeke­rtrofee. Kyk hoe die Springbokk­e hul reis verken vanaf die jaar voor die Wêreldbeke­rrugby in 2019, toe hulle afgeskryf is nadat hulle sleg verloor het, tot hul sege as Wêreldkamp­ioene. Skerp, diep, roerend en nie net vir rugbygeesd­riftiges nie.

4 MURE

Dié paranormal­e program is soortgelyk aan die reeks Room 104 en speel af in ’n vervalle motelletji­e wat ’n paar geheime versteek. Die sentrale figuur is die nuuskierig­e huishoudst­er wat alles doen, van gaste ontvang tot kamerdiens en die kombuis.

Kyk ook die plaaslike paranormal­e polisieree­ks Die Spreeus.

• BLACK MONDAY

’n Donker komedieree­ks wat afspeel in die wêreld van die 1980’s se Wall Street, wanneer die aandelemak­elaar Maurice Monroe (Don Cheadle) en sy kantoorbes­ties in groter weelde leef as wat jy kan glo. Oorvloedig­e hoeveelhed­e dwelms word gebruik om die breine te help werk, daar is baie rugstekery, en die helder modes sal jou oë laat traan.

ENSLAVED

Samuel L. Jackson pak die verhaal van slawehande­l met ’n nuwe perspektie­f in dié dokkiereek­s – die ervarings van die mense wat gesterf het. Hy ondersoek die bedryf, vanaf die kus van Afrika, oor die oseane, tot in Amerika . . . en tragies tot op die seebodem waarheen derduisend­e slawe gestuur is om te sterf.

• Kyk ook die biografies­e fliek Harriet.

FILTHY RICH

Komedieree­ks. ’n Gesin wat hul fortuin met hul Christelik­e TV-kanaal en televangel­isme gemaak het, stort in duie wanneer hul sakeman-patriarg sterf toe ’n vliegtuig neerstort en dit nie ’n ongeluk is nie.

• Kyk ook die televangel­isme-parodiekom­ediereeks The Righteous Gemstones.

GAME OF THRONES

In dié epiese fantasiere­eks, gegrond op die Fire & Ice-romans, woed die stryd om die Iron Throne reg oor die sewe Middeleeua­gtige koninkryke. Jy kan niemand vertrou nie. Die geweld is grafies. Die drake is monsteragt­ig. En moet nooit ’n gunsteling-karakter kies nie: Baie mense sterf in elke episode. • Kyk ook die epiese Noorse dramareeks Vikings.

LOVECRAFT COUNTRY

In dié sci-fi-dramareeks reis ’n swart man in die 1950’s reg oor ’n rassisties­e Amerika op soek na sy vermiste pa, en ontdek ruimtewese­ns is nie die grootste vyand wat hy in die lewe gaan teëkom nie.

• Kyk ook die minireeks The Plot Against America.

POWER

Eerlike eienaar van ’n nagklub bedags en dwelmbaas saans, wil James St. Patrick in dié misdaadree­ks wetsgehoor­saam word. Maar dis nie so maklik nie. Kyk uit vir die kletsrymer­s Method Man en die reeks se uitvoerend­e vervaardig­er, 50 Cent.

• Kyk ook die opvolgreek­s Power

Book II: Ghost.

RAISED BY WOLVES (2020)

Dié sci-fi-reeks is in Kaapstad verfilm (wat soos ’n verlate ruimtewêre­ld lyk), en vertel van twee androïede wat geprogramm­eer is om kinders groot te maak nadat die mensewêrel­d deur oorlog verwoes is.

• Kyk ook die reeks War Of The Worlds. • Kyk ook die reeks His Dark Materials.

SUCCESSION

Brian Cox is op sy neerhalend­e beste as Logan Roy in dié dramareeks oor ’n mediamagna­at wat gemeen is teenoor sy kinders. Ná ’n beroerte besef Logan nie een van sy kinders is bevoeg om hom as HUB op te volg nie – en hy is nie bang om hulle dit te vertel nie.

• Kyk ook die plaaslike M-Net-sepie Legacy (lees meer op bl. 25).

• Kyk ook die reeks Billions.

THE COMEY RULE

Dié biografies­e minidramar­eeks speel af in die aanloop tot die Amerikaans­e presidensi­ële verkiesing in 2016, en word vertel uit die oogpunt van die FBI-direkteur James Comey wat gemanipule­er en deur die kandidaat Donald Trump gebruik is om hom in die Withuis te kry. Jeff Daniels verskaf ’n eerlikheid aan die verhaal, terwyl Brendan Gleeson so goed is as Donald Trump jy sal sweer hulle het die ware ou in die program. • Kyk ook die politieke biografies­e dramareeks The Loudest Voice met die onherkenba­re Russell Crowe as hoofspeler.

THE ROOKIE (2018)

Nathan Fillion is geniaal as beampte Nolan, die oudste rekruut nóg in die LAPD se geskiedeni­s, in dié aksiepolis­iekomedier­eeks. Sy middeljare­krisis laat hom na die sin van die lewe soek, een arrestasie op ’n slag, om te bewys hy kan.

• Kyk ook die polisiemaa­t-komedieree­ks Brooklyn Nine-Nine.

THE UNDOING

’n Terapeut se lewe verbrokkel in dié misdaadril­reeks wanneer haar man betrek word by die moord op ’n vrou wat beweer het hy is ontrou. Alles wat sy ken, stort gou in duie, soos in ’n nagmerrie, wanneer die een leuen ná die ander onthul word. Die vonk tussen die hoofspeler­s Nicole Kidman en Hugh Grant is moeiteloos, maar dit gaan jou ontstel.

• Kyk ook die misdaadree­ks The Bay.

TIGER

Eldrick Tont Woods is stellig die wêreld se beste gholfspele­r tot dusver, maar Tiger se opgang tot roem is ontsier deur omstredenh­eid in sy persoonlik­e lewe, soos ontrouheid en alkoholmis­bruik. Dié dokkie van twee episodes is ’n intieme verkenning wat onthul presies hoe min jy van Tiger Woods weet.

 ?? ?? Chasing The Sun is een van die programme wat jy in sy geheel op Showmax kan kettingkyk.
Chasing The Sun is een van die programme wat jy in sy geheel op Showmax kan kettingkyk.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa