TV Plus (Afrikaans)

Totsiens ou bedeling, hier kom Max!

Niks gaan dieselfde bly met dr. Max Goodwin as die nuwe hoof van die New Amsterdam-hospitaal nie.

-

New Amsterdam

Seisoen 1 Weekdae e.tv (*194) 20:30 (begin Maandag 4 Oktober)

“Hoe kan ek help?” Met hierdie eenvoudige vraag begin die nuut aangesteld­e mediese direkteur dr. Max Goodwin (Ryan Eggold) ’n inspireren­de beweging om die New Amsterdam-hospitaal in hierdie mediese dramareeks te hervorm. En hou jou masker vas, want hy stel drastiese veranderin­ge in.

Die reeks – nou vir die eerste keer op gratis TV te sien – staan sy plek vol onder ’n string ander baie gewilde mediese dramas, hoewel dit op dieselfde basiese formule gegrond is. Terwyl ons die daaglikse gevalle in die hospitaal volg, sien ons ook hoe Max die stelsel probeer verander, en ons verken die personeel se persoonlik­e lewe en kwessies. New Amsterdam begin dalk stadig en ’n bietjie voorspelba­ar, maar die onderligge­nde strominge sal jou gou boei.

Max probeer die lewe van pasiënte en personeell­ede verbeter deur die leiding te neem met inisiatiew­e soos om pendeltyd te besnoei, onnodige operasies te verbied en om gesondheid­sorg na mense te neem wat onwillig is om na die hospitaal te gaan. “Wat hom motiveer, is die opregte begeerte om te help,” sê Ryan. “Hy is gefrustree­rd met ’n stelsel wat aan geld en winste voorrang verleen.”

Max, met die hulp van sy span, gaan dit verander. Onrealisti­es? Ja. Opheffend op ’n dramatiese sorg-vir-die-onderdrukt­e-manier? Beslis! AGTER DIE SKERMS Die hospitaals­tel in die reeks is enorm. Dit bevat ’n tydelike hofsaal, ’n tronk, ’n kapel en selfs ’n dagsorgsen­trum waar tonele vir ander reekse ook geskiet word.

DIE HULPVAARDI­GE SPAN

is opgewonde oor die uitdaging om New Amsterdam te bestuur, maar dis duidelik sy vrou,

Georgia (Lisa O’Hare), is nie. Max probeer wanhopig sy huwelik red, en nie net omdat sy vrou swanger is nie. Hy het Georgia lief en weet hy moet sy hospitaalt­yd verminder. Maar dan kry sy gesondheid ’n knou wat die toon aangee vir die grootste deel van die eerste seisoen. “Hy moes leer hoe om ’n pasiënt te wees,” vertel Ryan. “Max moet terugtree en ander toelaat om vir hom te sorg soos hy vir sy pasiënte sorg.”

Max Goodwin

Dr. Floyd Reynolds (Jocko Sims) word in episode 1 die hoof van kardiovask­ulêre chirurgie en hy ondersteun Max se idees om die stelsel te verander. “Hy’s ’n ernstige ou en trots op sy werk. Hy’s ’n streng ou wat nie grappies maak nie,” sê Jacko oor Floyd.

Dr. Lauren Bloom (Janet

Montgomery), hoof van die noodafdeli­ng, het aanvanklik ’n kortstondi­ge affair met Floyd, maar word dan vasgevang in haar stryd met AGHS (ADHD) en verslawing aan pynstiller­s. Janet erken sy was vreesbevan­ge om iemand te speel wat soveel “slimmer” as sy is. “Maar nou raak ek slimmer deur ’n dokter te speel,” sê sy in haar oorspronkl­ike Britse aksent. Dr. Helen Sharpe (Freema Agyeman), hoof van onkologie, speel ’n groot rol as Max se vertroueli­ng en daar is ’n onderligge­nde aangetrokk­enheid tussen hulle. “Ek dink nie hy sal sy vrou ooit verkul of ’n buite-egtelike verhouding hê nie,” sê Ryan, maar hy erken sy karakter het dalk gevoelens vir albei vroue. Dr. Iggy Frome (Tyler Labine) hoof van gedragstud­ies, raak soms te betrokke by sy pasiënte hoewel hy innoverend dink. Tyler was eintlik ’n bietjie in die moeilikhei­d, want hy het nie geweet of hy ’n psigiater of sielkundig­e speel nie! “Hulle het my toe die hoof van gedragstud­ies gemaak en dit het my hele storiepoel oopgemaak,” verduideli­k Tyler. En met Max se toestemmin­g kan hy nou die “onafhankli­ke denker wees wat hy is”. Dr. Vijay Kapoor (Anupam Kher) het ’n spesiale vriendskap met Iggy, en as die neurologie-spesialist­e deel hulle ’n unieke manier in die behandelin­g van pasiënte. “Die deernis van elke karakter teenoor sy beroep, teenoor die pasiënt, teenoor dinge verbeter [het my beïndruk],” sê Anupam. “Hulle is nie dokters met ’n stetoskoop nie. Hulle is ook dokters met ’n hart, en hul hart klop vir almal.” Wag net vir die einde van seisoen 1 – dis ’n dolle botsing van emosies!

 ?? ?? Dr. Max Goodwin veroorsaak ’n beroering wanneer hy met die intrapslag byna al die dokters afdank.
Dr. Max Goodwin veroorsaak ’n beroering wanneer hy met die intrapslag byna al die dokters afdank.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa