TV Plus (Afrikaans)

Korrelkop-pa

Frank verras in ’n intense, dramatiese rol vol uitdagings.

-

Nêrens, Noord-Kaap

Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Die akteur Frank Opperman word meestal onthou vir sy vertolking van Ouboet in die komedieree­ks Orkney Snork Nie. Maar soos ons almal weet, speel hy nie altyd ’n grapjas nie. Hy het immers in 1993 met ’n Artes-prys vir sy uitmuntend­e vertolking van die Griekse Ciprioot Chris Karedes in die reeks The Big Time weggestap. En nou sien ons hierdie veelsydige akteur in een van sy kragtigste, ernstigste vertolking­s: Die rol van die knorrige patriarg Lourens Adendorff in die boeiende dramareeks Nêrens, Noord-Kaap.

“Lourens is beslis een van die hoogtepunt­e in my televisiel­oopbaan”, sê Frank. En daar was ’n hele paar uitdagings wat hy vir sy rol moes baasraak.

UITSOEKROL

Toe Frank in 2017 die bekroonde verhoogdra­ma Nêrens, Noord-Kaap, waarop die gelyknamig­e TV-reeks gegrond is, gaan kyk het, het hy dit as een van die top-verhoogdra­mas op sy lysie uitgesonde­r. “Die aangrypend­e verhaal oor drie vervreemde broers en ’n plaas in die dorre Noord-Kaap het my nog lank ná die tyd bygebly.” Min sou hy kon raai hy gaan ’n paar jaar later die rol van die pa in die TV-reeks losslaan. “Ek het die eerste dag op die stel so ’n bietjie soos ’n nuweling gevoel omdat die drie hoofspeler­s, Albert Pretorius ( Ronnie), Geon Nel ( Frans) en De Klerk Oelofse ( Andries), in die verhoogdra­ma al so goed in hul karakters ingewortel was,” sê hy. “Maar gelukkig het hierdie gevoel gou oorgewaai, want ek het besef ek is hier om die pa te speel en het ’n werk om te doen.”

Vir die vertolking van Lourens moes hy gou leer om die Namakwalan­dse streektaal na te boots. “Ek het op YouTube geluister hoe die Namakwalan­ders praat. Ek het my ore gespits toe ons in Nieuwoudtv­ille verfilm het en haarfyn geluister hoe die inwoners praat. Maar jy weet waar tel jy ’n aksent die beste op – in ’n kroeg,” bieg hy. Sy karakter Lourens se ouderdom wissel van 60 tot 65 (met terugflits­e) in die reeks. “Maar gelukkig was dit nie nodig om ouer as wat ek werklik is te speel nie, want ek is 61. Ek voel net so oud soos my karakter.”

KOMPLEKSE KARAKTER

Lourens is ’n man van min woorde, depressief en ’n kluisenaar. “Hy het sy drie seuns langs die pad verloor. Hy voel verleë oor sy siekte, en kruip om dié rede in sy dop,” vertel hy. “En hy is in die verleenthe­id oor al sy mislukking­s. Hy haal dikwels sy woede uit op die mense wat die naaste aan hom is.” Lourens is eintlik baie lief vir sy seuns, maar hy het skuldgevoe­lens. “Hy voel skuldig teenoor die jongste, Andries, wat die pad gevat het, en terselfder­tyd skuldig oor die oudste, Frans, wat hy op die plaas hou om die boerdery te bestuur.” Eintlik het hy ’n beter verhouding met sy middelkind Ronnie – veral as hulle ’n paar drankies drink. “Maar Ronnie, die swartskaap, het die pad byster geraak.”

Frank moes in sy eie menswees delf om Lourens se kompleksit­eit uit te beeld. “Ek het al die bagasie wat ek op my rug vasgemaak het, uitgepak vir dié rol,” verduideli­k hy. “Lourens kom as ’n baie harde ou oor, maar eintlik is hy ’n

softie. Omdat hy so onseker van homself voel, kom hy baie hardvogtig voor.”

VAN OUBOET TOT NOU

Frank besef hy sal nooit van die Ouboetetik­et kan ontsnap nie. Mense keer hom nou nog in die straat voor as hulle hom as Ouboet herken. “Die reeks Orkney Snork Nie word herhaaldel­ik uitgesaai. Drie geslagte het seker nou al daarna gekyk. Boonop het Ouboet laas jaar weer in die reeks Ouboet En Wors teruggekee­r.” Frank glo dis so gewild omdat dit ’n eg Suid-Afrikaanse gesin uitbeeld. “Ek dink die Van Tonders was ons eie Cosbygesin,” sê hy met verwysing na die internasio­nale reeks en lag.

Sy gunsteling­rol is altyd die een waarmee hy besig is. “Ek raak obsessief oor ’n rol en gooi myself heeltemal in die ding, en swem dan aan die anderkant uit,” sê hy. Tans werk hy aan die eenmanvert­oning Ek Wens, Ek Wens wat op die skrywer Zirk van den Berg se gelyknamig­e bekroonde boek gegrond is. Die produksie debuteer op Maandag 30 September in die Atterbury-teater in Pretoria. Dit is ook deel van Aardklop se opwipfees en duur tot 3 Okt.

 ?? ?? Frank Opperman moes vir sy rol as die hartdkoppi­ge Lourens Adendorff diep in sy eie menswees delf om die karakter se kompleksit­eit uit te beeld.
Frank Opperman moes vir sy rol as die hartdkoppi­ge Lourens Adendorff diep in sy eie menswees delf om die karakter se kompleksit­eit uit te beeld.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa