TV Plus (Afrikaans)

Pret vir die hele gesin!

SABC2 spog met ’n speletjies­program wat gou-gou ’n gunsteling by kykers gaan word.

- Klop Die Kunstenaar

Seisoen 1 Donderdae SABC2 (*192) 19:00

Die legendarie­se musiekspel­etjiesprog­ram Noot Vir Noot is sonder vrees vir teëspraak volksbesit. Die oud-TV-aanbieder en vervaardig­er Johan Stemmet en sy span by Stemburg Produksies het die program oor die jare verfyn en dis vandag steeds gewild met die vermaaklik­heidster Emo

Adams (aanbieder van die laatnag-geselsreek­s Jou Show) wat die leisels in 2019 by Johan oorgeneem het.

Nou het Stemburg Produksies nóg ’n program op sy lys: Klop Die Kunstenaar met die komediant Alfred Adriaan as aanbieder. Die reeks is vol pret, plesier en gesinsvrie­ndelike inhoud wat kykers se Donderdaga­ande opkikker!

HOE WERK DIT?

Carl Stemmet, die kreatiewe regisseur en Johan se seun, sê hy en sy span is baie trots op die nuwe speletjies­program. “Ons het vroeg verlede jaar tydens ’n werksessie in

Londen met die konsep vir die program vorendag gekom. Toe vlak 4-inperking in Mei 2020 aangekondi­g is, het ons die 13 episodes van die reeks verfilm.”

Carl verduideli­k die reeks bestaan uit vier segmente waarin ’n verskeiden­heid speletjies gespeel word, soos ’n geheuespel­etjie, of deelnemers moet raai wat of wie in ’n prentjie is wat vergroot is. “Dis ’n versamelin­g van parlour

games en in elke episode speel twee deelnemers dit.”

Soos punte ingeoes word, beweeg die deelnemers teen ’n virtuele toring op en die deelnemer met die meeste punte kan aan die boerpotron­de deelneem. “Die boerpotron­de is baie opwindend, want daar is R10 000 op die spel en die deelnemer het net een kans om dit te wen,” sê Carl.

“’n Vraag word aan die deelnemer gevra, byvoorbeel­d, vir watter fliek is die akteur Will Smith die bekendste? [Ons sou raai die sci-fi-fliek Men In Black.] Die deelnemer moet mooi dink voor hy of sy die vraag beantwoord, want dieselfde vraag word aan vier kunstenaar­s gevra wat in elke episode verskyn.

“Dit sluit in kunstenaar­s soos die komediant Schalk Bezuidenho­ut en die sanger Kurt Darren, wat op groot skerms uit die gemak van hul eie huis verskyn en saamspeel.

“Die deelnemer se antwoord op die vraag [soos Men In Black] moet ooreenstem met ten minste een van dié vier kunstenaar­s en dan wen hulle die boerpotpry­s,” verduideli­k Carl.

ALFRED IS ’N AANWINS

Alfred Adriaan is al 10 jaar in die komediebed­ryf en sê dis die eerste reeks wat hy alleen aanbied. “Dis wonderlik en ek kan nie genoeg dankie sê aan Johan en Carl vir die geleenthei­d nie.”

Aan die begin van elke episode spog Alfred met sy komedietal­ente. “Ek open die program met ’n mini stand-up

vertoning, en dis heerlik, want ek vertel ’n lekker storie, en laat die deelnemers lag, en dit stel my op my gemak.”

Alfred sê almal in die reeks – van die deelnemers tot die kunstenaar­s – is baie vriendelik met mekaar, maar wanneer die speletjies begin, raak hulle mededingen­d met net een doel voor oë: “Om te wen en die boerpotron­de te haal.”

’N GUNSTELING

“Ek dink die program gaan gou ’n gunsteling by kykers word,” voeg Alfred by. “Die inhoud en speletjies is family friendly, en ek kan klaar in my geestesoog sien hoe gesinne elke Donderdaga­and in die sitkamer voor die TV bymekaar kom om Klop Die Kunstenaar te kyk, saam te speel en die antwoorde na die skerm skree.”

Carl sê hy en sy span is reeds besig om met SABC2 te gesels oor ’n nuwe seisoen van Noot Vir Noot wat hopelik volgende jaar uitgesaai sal word. “En dan beplan ons om die tweede helfte van seisoen 6, met 13 splinternu­we episodes van Musiek Roulette (ook ’n Stemburg-speletjies­program met die sangeres Nadine as aanbieder), ná Klop Die Kuntenaar op SABC2 uit te saai.”

Maar vir eers kyk ons wie gaan die kunstenaar klop met die finale uitklophou!

 ?? ?? Alfred Adriaan maak in Klop Die Kunstenaar sy debuut as ’n aanbieder van ’n speletjies­program.
Alfred Adriaan maak in Klop Die Kunstenaar sy debuut as ’n aanbieder van ’n speletjies­program.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa