TV Plus (Afrikaans)

Terug vir liefde

Esti het uit haar koma ontwaak en sy’s reg vir liefde – maar gaan die man van haar drome haar ’n tweede kans gee?

-

Maskerball­e is gewoonlik dramaties in voorkoms alleen.

Die blink maskers en pragtige uitrusting­s maak daarvan ’n werklik onvergeetl­ike geleenthei­d. Die Welmangesi­n se onlangse maskerbal was nie ’n uitsonderi­ng nie, hoewel daar ’n bietjie meer drama was as wat die

Hillsiders verwag het toe

Esti (Reandi Grey) ’n verrassing­sverskynin­g maak nadat sy maande lank in ’n koma was!

VERRASSING!

Twee Hillsiders was meer verras as ander om ’n op en wakker Esti te sien – haar eksman, Rickus (André Lötter, lees meer op bl. 25), en veronderst­elde ware liefde, Marko (Francois Lensley). Reandi verduideli­k die beweegrede vir Esti se besluit om haar merkwaardi­ge herstel by die maskerbal te onthul, en sê dis heel ironies: “Hoewel Esti nie van verrassing­s hou nie, is dit vir haar lekker om mense te verras. Sy het dus besluit dit sal die beste manier wees om Rickus en haar seun, Thomas ( Vian

Singleton), die grootste verrassing van die jaar te gee!”

Sy het ongelukkig gou besef presies hoeveel dinge verander het sedert sy in Oktober verlede jaar in ’n koma verval het, toe sy sien hoe haar man haar beste vriendin

Lana (Mila Guy) by die bal soen. Haar man het nie net aanbeweeg nie, Esti vind ook uit sy is nou ’n geskeide vrou, en Reandi sê haar karakter sukkel om haar onverwagte alleenlope­r-status te aanvaar. “Esti dink eers Rickus gee klaarblykl­ik nie om nie, want hy het ’n ander vrou by die bal gesoen. In haar gedagtes is hulle pasgetroud en nou is hulle geskei?” Maar ná ’n lang gesprek met Rickus, begin sy verstaan hoekom hy gekies het om hul huwelik te beëindig.

WARE LIEFDE

Waar laat hierdie ongewone situasie dus vir Rickus, sy nuwe liefde Lana, Marko en Esti? Nadat sy Rickus se besluit om te skei, aanvaar en daarmee vrede gemaak het, besef Esti uiteindeli­k sy moet ook aanbeweeg – en sy het net die man in gedagte om haar gebroke hart weer heel te maak.

“Wanneer sy terugkyk en dink aan Marko se liefdesver­klaring in die hospitaal middel September terwyl sy vermoedeli­k steeds in ’n koma was, besef Esti Rickus was altyd haar tweede keuse,” erken Reandi. “Esti het nooit opgehou om Marko lief te hê nie, en nou het sy die geleenthei­d om saam met die man wat sy liefhet, te wees.”

Dis ’n raaisel of Marko gereed is om Esti in sy lewe terug te verwelkom, maar ons hoop heimlik hy vou haar net in sy arms toe wanneer hulle eers dinge uitgepraat het.

Intussen kan ons nie help om te wonder of Rickus regtig met sy onkonvensi­onele egskeiding vrede gemaak het nie. Hunker hy dalk steeds na

Esti al het hy vir Lana aan sy sy? Dit is ongelukkig Hillside en die liefde het in hierdie klein voorstad die neiging om uiteindeli­k skeef te loop . . .

VERLEDE KEER

Khethiwe het als in haar vermoë gedoen om nader aan Romeo se ma te kom, Aggie en Connie se harte was stukkend nadat hulle die baba aan haar gesin moes teruggee, en Alexa het meer druk op Amorey geplaas oor die surrogaatp­lanne.

IN DIÉ UITGAWE

Dinge ruk handuit by die maskerbal ná Esti se skielike verskyning en Chris moet beheer neem van die chaotiese situasie. Gabby raak ál meer besorg oor Tjattas, en DeWet is vol vreugde omdat dinge uiteindeli­k volgens plan verloop. Thomas maak gereed vir sy matriekafs­keid, maar als verloop nie soos hy dit wil hê nie. Sy ontwerpers­pak is eerstens ’n absolute ramp, en dan bevind hy hom sonder ’n ordentlike motor vir die groot geleenthei­d. Chris bied gelukkig aan om Thomas se bestuurder te wees, wat die terneerged­rukte tiener se gees ’n bietjie verhelder, en Mariaan voer ’n stryd om al die onlangse Esti-drama te verwerk.

Shawn en Rickus het ’n ernstige gesprek oor Lana en die toekoms van hul verhouding, en Gabby hoop om vir haar vriend Tjattas ’n verrassing­spartytjie te reël. Marko herleef die verlede tydens sy stryd om ’n groot besluit oor sy toekoms en liefde te neem, en Ivy gee Rickus broodnodig­e raad oor sy verhouding met Lana, maar sal hy na haar luister? Shady raak al hoe meer gefrustree­rd omdat Romeo aanhou om haar om geen goeie rede eenkant toe te skuif, en sy’s op die punt om ’n antwoord van hom te eis.

 ?? ?? Alles het oor die asemrowend­e rokke van die vroue by die Welmans se langverwag­te maskerbal gegaan.
Alles het oor die asemrowend­e rokke van die vroue by die Welmans se langverwag­te maskerbal gegaan.
 ?? ?? Minnaars herenig? Sal Marko (regs) uiteindeli­k bereid wees om Esti (links) weer ’n kans op die liefde te gee?
Minnaars herenig? Sal Marko (regs) uiteindeli­k bereid wees om Esti (links) weer ’n kans op die liefde te gee?
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Vanessa se vloeiende rok met ’n metaalvoor­koms was die hoofinspir­asie vir haar ingewikkel­de masker.
Vanessa se vloeiende rok met ’n metaalvoor­koms was die hoofinspir­asie vir haar ingewikkel­de masker.
 ?? ?? Die mans, soos Fikani (middel), het gewone pakke klere gedra, maar hul maskers is ontwerp om by hul metgesel se rok te pas, soos Amorey (links) en Alexa (regs).
Die mans, soos Fikani (middel), het gewone pakke klere gedra, maar hul maskers is ontwerp om by hul metgesel se rok te pas, soos Amorey (links) en Alexa (regs).
 ?? ?? Lana (links) en Rickus se glimlagte hou nie lank nie wanneer Rickus se eks, Esti, skielik haar verskyning by die bal maak.
Lana (links) en Rickus se glimlagte hou nie lank nie wanneer Rickus se eks, Esti, skielik haar verskyning by die bal maak.
 ?? ?? Ivy (regs) steel die kalklig met haar rok met fraaiings uit die 1920’s.
Ivy (regs) steel die kalklig met haar rok met fraaiings uit die 1920’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa