TV Plus (Afrikaans)

Swaar afskeid

Ryno en Thinus se huwelik kry ’n groot knou.

-

Die Stryders se kaptein, Ryno (Adrian Steyn), was geskok toe sy liefdevoll­e eggenoot, die prokureur Thinus (Arno Marais), hom op Donderdag 2 September ingelig het hy het ’n uitstekend­e werksaanbo­d by ’n top-prokureurs­firma in die Kaap gekry – en hy wil na Kaapstad verhuis daarvoor.

“Ryno was dadelik in twee geskeur, want hy is baie gelukkig in Johannesbu­rg en net so in sy element om vir ’n sterk rugbyspan soos die Stryders te speel. Hy sien nie kans om alles prys te gee nie, maar aan die anderkant wil hy ook nie vir Thinus verloor nie,” sê Adrian. “En Ryno het getwyfel of ’n langafstan­d-huwelik kan werk.”

KOMPROMIE

Thinus se aankondigi­ng oor sy werksaanbo­d het Ryno heeltemal onkant gevang. “Ryno en Thinus het voorheen ’n paar struweling­e gehad, maar dit was nooit onoorkomba­ar nie. Hulle het altyd ’n oplossing gevind. Hulle is twee jaar gelede getroud en is baie gelukkig. Hul geaardhede het mekaar uitstekend aangevul,” vertel Adrian.

Ryno en Thinus het eers hard probeer om ’n oplossing vir hierdie nuwe probleem te vind en het besluit om ’n kompromie aan te gaan: Ryno sou die naweke wat hy nie rugby speel nie, vir Thinus gaan kuier.

“Maar dit sou steeds ’n groot toets vir hul verhouding wees, want dit sou beteken hulle sien mekaar vir lang tye nie,” voeg hy by.

Volgens Arno het Ryno en Thinus nog altyd wedersydse respek vir mekaar op ’n persoonlik­e vlak gehad, en vir mekaar se veeleisend­e beroepe. “Dit was ’n goeie grondslag vir hul verhouding.”

ONVERMYDEL­IKE SKEIDING

Die langafstan­d-verhouding het uiteindeli­k sy tol op hul huwelik geëis. “Ryno is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie. Tydens een van sy kuiers in die Kaap kom hy agter Thinus tree vreemd en kil teenoor hom op. Hy het vermoed Thinus het iemand anders ontmoet.”

Ryno en Thinus besluit dan om amptelik te skei. “Die egskeiding was onafwendba­ar, want wanneer twee mense so ver van mekaar woon, verloor hulle mekaar uiteindeli­k. Selfs hul sterk liefde en wedersydse respek kon nie hul huwelik red nie,” meen Adrian. Hulle moes ook al hul meubels en eiendom verdeel.

Ryno moet leer om die eensaamhei­d en alleenheid baas te raak. “Dit is regtig ’n groot aanpassing. Gelukkig is sy spanmaats en vriende baie ondersteun­end. En hopelik sal hy gou weer iemand vind wat hom net so gelukkig soos Thinus kan maak.”

 ?? ?? Ryno (links en inlas) en Thinus (regs) probeer om die regte oplossing vir hul situasie te vind besluit on ’n kompromie aan te gaan.
Ryno (links en inlas) en Thinus (regs) probeer om die regte oplossing vir hul situasie te vind besluit on ’n kompromie aan te gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa