TV Plus (Afrikaans)

Skokkende vonds ONSEKERE TOEKOMS

Aan wie behoort die kokaïene waarop Ronnie afkom?

-

Die son skyn nou weer helder vir Ronnie (Donovan Pietersen), die Stryder-rugbyspele­r Liam (David Johnson) se neef, wat onlangs uit die tronk vrygelaat is. Ronnie het ’n maand gelede by Liam en sy vrou, Candice (Claudia Jones), ingetrek en Candice het hom gehelp en aangemoedi­g om werk te soek. “Ronnie was in die wolke toe hy drie weke gelede ’n werk gekry het as opsigter by die stadion waar die Stryders oefen. Hy was eers in opleiding en is nou vasberade om ’n splinternu­we blaadjie om te slaan,” vertel Donovan. Maar Ronnie het skaars sy voete by die stadion gevind, toe hy ’n skok-ontdekking maak: Hy kry kokaïene in Liam se kleedkamer­kassie. En nou hang donker wolke oor Liam se kop.

ONDER SKOOT

Ronnie besluit om die hoofafrigt­er van die Stryders,

Schalk Brand (Johan Scholtz) eerste oor sy vonds in te lig. “Schalk is dadelik bekommerd en sê vir Ronnie hy gaan ’n vergaderin­g met Liam belê,” vertel Donovan.

David vertel Liam is uit die veld geslaan wanneer Schalk hom inroep en oor die kole haal oor die dwelms in sy kleedkamer­kassie. “Hy weet glad nie wie om te verdink nie,” voeg David by.

Om sout in sy wonde te vryf, verskyn ’n artikel op die nuuswebwer­f SinBin oor dwelms wat by die stadion gevind is. “Gelukkig word Liam se naam nie genoem nie,” sê David, maar dis nog glad nie die einde van sy penarie nie, want kort daarna skors Schalk hom. “Liam verval in ’n diep depressie. Waar sal hy weer so ’n rugbyspan soos die Stryders kry, en hoe gaan hy sy reputasie herstel?” is van die vrae wat by hom spook, vertel David.

Ná vele beraadslag­ing kry Liam weer kans om vir die Stryders te speel, maar dis vir oulaas. “Hy mag in twee wedstryde in die halfeindro­nde van die Rainbow Nation-beker teen die Stallions speel,” vertel David. Maar dis op ’n voorwaarde van die HUB van die Stryders, Bart (Pierre Breytenbac­h): Hy sal sorg dat Liam se naam nie aan die dwelms gekoppel word nie, mits Liam ná die Rainbow Nation-stryd bedank.

Terwyl Liam hom met sy lot moet versoen, wonder hy of die een wat die dwelms geplant het, vasgetrek gaan word. Intussen lyk dit asof alles in Ronnie se lewe seepglad verloop. Hy is gelukkig in sy werk en het liefde gevind. Die pompon

Ivy (Tené Minderon) het onlangs sy hart gesteel en die gevoel is wederkerig. En hoewel hy probeer om sy neef te ondersteun, wonder ons of Ronnie se motiewe suiwer is.

VERLEDE KEER

Kristien en Bart het ’n kruispad bereik, Festus en Koekie het ’n nuwe blyplek gekry, en Amanda het steeds met haar gevoelens vir Bart geworstel.

IN HIERDIE UITGAWE

Liam beland lelik in die sop, Jenny ontmoet Maryke, en Simon en Renate probeer Lulu oortuig om nie terug te gaan werk toe nie.

Die gewilde sanger Elandré tree in Pottie’s op, daar is ook teleurstel­ling en hartseer, want Liam se loopbaan hang aan ’n draadjie, en Ryno neem afskeid van Thinus en maak gereed vir ’n lewe sonder sy eggenoot.

’n Artikel oor die Stryders verskyn in SinBin wat almal aan die praat het, Renate wil van Logan die hond ontslae raak, en Jenny haal die wind heeltemal uit Fafa se seile. Kristien vind uit wat Bart vir haar wegsteek, en die Stryders ontmoet Meyer. Markus is terug op die toneel en veroorsaak alweer spanning tussen Liam en Candice, en Bart maak die lewe ondraaglik vir Kristien.

Jana kry ’n nuwe idee vir ’n artikel, Liam en Candice is raadop, Liam is terug by die stadion, en die Stryders vind uit van die dwelms. Die spanning tussen Liam en die Stryders word al hoe erger, Renate het ’n blink plan vir die konsert, Amanda en Kristien stamp weer koppe, en Liam bedank by die Stryders.

Bart dryf Kristien in ’n hoek, Renate wys haar talent, en Bibi, Magda en Renate oefen hul trio. Die pompons vind uit van Liam en Candice, en Amanda het haar hande vol met Bart.

 ?? ?? Ronnie (links) ondersteun sy neef Liam in hierdie moeilike tyd, want hy meen Liam het hom in sy donker dae bygestaan.
Ronnie (links) ondersteun sy neef Liam in hierdie moeilike tyd, want hy meen Liam het hom in sy donker dae bygestaan.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa