TV Plus (Afrikaans)

Stok in die wiel DIE KLEIN DRUK

Die nuweling Robbie gaan moeilikhei­d aanwakker wanneer hy na sy biologiese pa gaan soek.

-

Die dood van ’n ouer is hartverske­urend, maar dis erger wanneer geheime wat lank verborge gebly het, onthul word en die kind met meer vrae as antwoorde laat. En dís die situasie waarin Legacy se nuweling Robbie (André Lötter, Rickus in 7de Laan – lees meer op ble. 20-21) homself bevind. Kort ná sy pa, Jerry (nie op die skerm nie), wat ’n kroeg besit het, se begrafnis hoor Robbie die waarheid by sy ma, Janet (Kate Normington). “Robbie is buite die eg gebore en Jerry, vir wie Janet lief was, het haar laat belowe om niemand te vertel Robbie was nie sy seun nie,” verduideli­k André. “Robbie het net vir Jerry as sy pa geken, en Jerry het sy bes gedoen om Robbie soos sy eie seun groot te maak.” Die vraag is nou: Wie is die pa?

Jerry se dood was nie ’n skok vir sy familie nie, verduideli­k André. “Hy was reeds ’n ruk siek, hulle was dus bewus daarvan, en hoewel dit baie hartseer is, het hulle voorberei.” Iets waarvoor Robbie homself nie kon voorberei nie, was sy ma se ineenstort­ing by die graf. “Janet is in trane, en sy beken alles teenoor hom,” verduideli­k die akteur. “Skielik maak dit vir hom sin. Hoewel hy lief was vir Jerry, het Robbie altyd gevoel asof iets uit plek was.” En wat Robbie uitvind, gaan sy wêreld verander. “Sodra hy hoor wie sy pa is, kan hy nie eintlik aanhou om saam met sy familie op die platteland­se plaas en in die bos woon nie. Hy het al dié vrae. Waarvan was hy nie deel nie, waar pas hy in die wêreld, hoe kan hy nou oorbegin?” sê André.

AS DIE SKOEN PAS

Janet het 30 jaar gelede as Sebastian Price (Deon Lotz) se persoonlik­e assistent gewerk – dis geen verrassing nie, hy is Robbie se pa. Maar dis ’n probleem vir die saggeaarde Robbie. “Hy is ’n Price. En hy is Sebastian se eerste seun, die erfgenaam bo Se

bastian Price jr. (Anton Jeftha). Hy gaan interaksie hê met dié familie wat magtig is, en hulle is baie anders as hy. Om mee te begin gaan hy ’n kantoorwer­k moet kry, en dis iets wat Robbie haat, want hy leef vir ’n Jeep – hy hou daarvan om toere deur die bos te lei. Maar hy moet dit doen indien hy wil inpas.”

Terwyl Robbie na sy plek gesoek het, was André gemaklik op die stel, want hy ken sy halfsuster

Liz Price (Reandi Grey) goed – hulle het man en vrou in 7de Laan gespeel. “Ek het Legacy van episode 1 gekyk en vir myself gesê ek sal weer saam met Reandi werk. ’n Jaar later het ek ’n oudisie gedoen, en dié soort rol, ’n karakter wat na sý waarheid soek, kan ’n mens nie laat verbygaan nie.”

Dineo het haar stiefdogte­r Felicity van die balkon gestoot nadat Felicity beken het sy het haar pa, Sebastian Price, vermoor, Petra het Jonno voor die kansel gelos, en Felicity het ineengesto­rt in die middel van ’n operasie en het haar op die plek bevind waar sy haar pa vermoor het en hy het vir haar gewag.

IN DIÉ UITGAWE

Stefan maak afleidings en voel gespanne, en die Price-familie vergader om Felicity se bed. Dineo sê vir haar ma sy dink Stefan het gehelp om haar man te vermoor, en Sanele probeer ’n skeptiese Willem oortuig SJ is sy dogter, Petra, se sielsgenoo­t. Dineo se afperser is nie so dood soos wat sy gedink het nie, en Stefan vrees Felicity gaan sterf voor hy haar kan vertel hy het haar lief. Felicity se komadrome oor haar pa verwar haar, en Dineo maak seker Felicity oorleef.

Robbie word in sy spore gestuit wanneer hy hoor die man wat hy gedink het is sy pa, is nie sy biologiese pa nie, en Felicity ontwaak, maar sy ly effens aan geheueverl­ies. Robbie ontdek hy het bande met ’n familie oor wie hy in die koerant gelees het, en Felicity sit haar vertelling aan Dineo voort van wat sy gedoen het, wat Dineo laat besef Felicity het haar eie man, James, ook vermoor. ’n Verpletter­de Stefan weet nie wat om te doen nie en stort ineen langs sy ma se graf, en hy beken hy het haar in die steek gelaat en het verskrikli­ke goed gedoen. Dineo is bly Felicity is aan die herstel, maar sy soek steeds wraak, maar dan verskyn ’n nuwe vyand. Sims en Stefan begrawe die strydbyl en begin saam kuier, Angelique raak verdedigen­d wanneer Robbie opdaag, en Felicity en Dineo vee later hul spore dood en begrawe nóg ’n lyk.

 ?? ?? Wyle Sebastian Price (regs) gaan waak oor sy buite-egtelike seun Robbie (links).
Wyle Sebastian Price (regs) gaan waak oor sy buite-egtelike seun Robbie (links).
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa