TV Plus (Afrikaans)

Elke pot het sy deksel

Elise maak dit haar missie om vir Annelize ’n kêrel te kry.

-

Die Binneland-kliniek se gunsteling- mediese verteenwoo­rdiger, Elise Kruger, (Lindie Stander) is eersdaags terug, maar pleks van ’n mediese toestel te verkwansel, is sy dié keer op ’n missie om vir dr. Annelize (Cindy Swanepoel) Kupido te speel.

Annelize is eensaam en wanneer sy tydens ’n kletssessi­e by die kuierplek Doepa aan Elise erken dis nie haar keuse om enkellopen­d te wees nie, word Elise net verder aangevuur om vir Annelize liefde te vind. Elise wil ook Annelize se 40ste verjaardag, wat om die draai is, spesiaal maak. Maar soos ons Elise ken, kan sy meer skade as goed doen.

WAT VAN RIAN?

In Augustus was dinge nog warm tussen Annelize en

Rian (Erik Holm), die HUB van Southern Hope-hospitaal. Maar die vlammetjie het verflou, want Rian het teruggetre­k nadat Annelize aan hom erken het sy is nie van nature ’n versorger nie. “Rian is aan ’n rolstoel gekluister,” sê Cindy. “En al het hy dit nie vir Annelize gesê nie, het hy enige verdere romanse tussen hulle stopgesit om haar die verantwoor­delikheid te spaar indien hy eendag sou verswak en sy hom moet versorg.”

’N SUUR HOUDING

Elise beplan Annelize se verrassing­sverjaarda­gpartytjie en vra Rian se hulp, maar hy is nie gretig nie. Elise reik dan uit na Annelize se vriend, dr. Tertius (Reinardt Hugo), vir hulp, maar hy is nog suur teenoor Annelize omdat sy hom niks vertel het van Elana (Ilne Nienaber, oorlede in Julie) se Binneland-aandele wat beskikbaar was nie. Die aandele is vir dr. Brandon Samuels (Zane Meas) aangebied. “Elise ken nie al die detail nie, maar sy kasty Tertius oor sy houding teenoor Annelize en moedig hom aan om dinge tussen hulle reg te maak voor Annelize se verjaardag,” sê Lindie.

KAN DIE VONKE WEER SPAT?

Intussen raak Annelize nog meer depressief oor haar liefdeslew­e wanneer Rian haar vertel hy gaan vir ’n paar maande oorsee werk. “Dis nie lekker om te hoor nie,” sê Cindy. “Sy hou werklik baie van Rian, maar dit lyk nie of hy vir haar ’n kans gaan gee nie.”

Dit lyk egter asof dinge tussen Tertius en Annelize dalk weer romanties kan raak (lees kassie hiernaas) wanneer hulle vrede maak en die aandele-sage agter hulle sit. “Elise sien hulle maak op en wonder onmiddelli­k of die liefdesvon­kie dalk weer tussen hulle kan vlamvat,” verklap Lindie.

’N TOE-OOG-AFSPRAAK

Elise pols Tertius oor sy verjaardag­geskenk vir Annelize, en terwyl Tertius daaroor nadink, oorreed Elize vir Annelize om op ’n toe-oog-afspraak te gaan. “Elise hoop die blind date sal óf Annelize se volgende groot liefde word, óf Tertius so jaloers maak dat hy ’n move maak,” sê Lindie.

Annelize wil kop uittrek en die afspraak afstel, maar Elise wil niks weet nie. “Annelize het net ’n ordentlike vry nodig en Elise gaan nie toelaat dat Annelize so ’n kans misloop nie,” sê Lindie.

Annelize kom die afspraak na en is stomgeslaa­n wanneer sy haar metgesel ontmoet! Ons mag nie sê wie nie, maar die afspraak is ’n ramp en Annelize trap Elise die volgende dag vas daaroor.

TERTIUS IS OMGEKRAP

Kort daarna loop Annelize die ou met wie sy die afspraak gehad het in Doepa raak, en dié keer verloop hul kuiertjie beter. “Hulle vorm ’n band en Annelize geniet sy geselskap,” sê Cindy kripties.

Tertius is omgekrap wanneer hy die man in Binneland raakloop en hoor hy was saam met Annelize op ’n afspraak. “Tertius pyl direk op Elise af en peper haar met vrae oor Annelize se blind date en of hy wat Tertius is dan nie goed genoeg is vir Annelize nie,” sê Lindie. “En so gaan Elise se plan om vir Annelize se pot ’n deksel te vind, dalk net werk.”

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa