TV Plus (Afrikaans)

Wie is die reeksmoord­enaar?

’n Groot raaisel hang rondom die nuwe pasiënte, Roelf en Max, wat Binneland aan die gis het.

-

Die personeel by die Binnelandk­liniek is in rep en roer oor twee pasiënte, Roelf (Ashley Taylor, offisier Deon Prinsloo in seisoen 1 van die dramareeks Spoorloos) en Max (José Domingos, Toni Palguira in die dramareeks Roer Jou Voete), wat in ongevalle opgeneem word ná ’n hewige bakleiery.

“Die verpleegst­ers gis oor wat met die manne gebeur het,” sê Lindsey Abrahams wat die rol van verpleegst­er Chanel vertolk. “Dis nie aldag wat twee pasiënte op dieselfde tyd na ongevalle gebring word nie, veral nie wanneer niemand seker is hoe hulle eintlik beseer is nie.” Roelf is papgeslaan maar wakker, terwyl Max in ’n koma is.

’n Raaisel ontstaan rondom die manne en kort voor lank kom die waarheid uit: Een van hulle is ’n reeksmoord­enaar!

’N GEHEUESTAF­IE

Chantel kry snuf in die neus oor die twee wanneer Roelf vra hoe dit met

Max gaan en dan nie besorg lyk wanneer hy hoor hoe ernstig Max se toestand is nie. Lindsey sê Roelf se reaksie is vreemd. “Hy is nie juis besorg nie en nie eers ontsteld dat Max kan sterf nie.”

Roelf vra Chanel om sy besittings aan hom terug te besorg en hy raak ontsteld wanneer hy nie ’n geheuestaf­ie vind nie, en dring daarop aan om met die paramediku­s wat hom na die hospitaal gebring het, te praat. “Roelf vertel vir Danny (Bradley Olivier, die paramediku­s en Chanel se kêrel) hy soek na die geheuestaf­ie, want dit bevat bewyse dat Max ’n reeksmoord­enaar is. Roelf het hom opgespoor en dis toe hulle in die bakleiery beland het,” sê Lindsey.

IETS IS FOUT?

Die storie maak Chanel nuuskierig en sy por Danny aan om meer uit te vind. “Sy sê dit sal haar aandag aflei van die drama met haar pa, Brandon (Zane Meas), wat van Chanel se ma (nie op die skerm nie) gaan skei,” sê Lindsey.

Chanel begin gate vind in Roelf se storie en gevaarligt­e flikker. “Sy wonder waarom enigiemand ’n reeksmoord­enaar na sy huis sal lok [die twee het in Roelf se huis baklei]. Dis mos net weird.”

ONKANT GEVANG

Danny kry die stafie, maar wanneer hy dit op ’n rekenaar wil oopmaak, is dit leeg. Dan ontwaak Max uit sy koma en deel die skoknuus mee: Dis nie Max wat mense afmaai nie, maar Roelf wat die reeksmoord­enaar is! Max was besig om hom te ondersoek toe hul paaie kruis.

“Die nuus skok almal,” sê Lindsey, en hulle weet nie wie om te glo nie. En om als te kroon, word ’n verpleegst­er kort daarna ontvoer! Lees meer op bl. 47.

VERLEDE KEER

Wayne en Chrisna was paniekerig oor die vorige aand se gebeure, Naomi se verlede was weer op almal se lippe, en Liam wou niks weet van die operasie wat Annelize voorgestel het nie. Chanel het skokkende nuus vir Danny gehad, Tertius het ’n interessan­te teorie oor Delia gehoor, en Danny het probeer om Chanel en Brandon weer om dieselfde vuur te kry.

IN DIÉ UITGAWE

Ruan vra Louis se hulp met sy skoolproje­k, Karen kom agter Liam dink sy hou van Uys, en Chanel dink daar’s ’n slang in die gras met die Max-Roelf-sage. Elise se waarneming gee haar hoop dat Annelize liefde sal vind, Brandon speel oop kaarte met Conrad, en Gaby maak ’n bekentenis aan Karen. Danny vertel Louis van sy vermoedens, Elise weier dat Annelize kop uittrek met haar afspraak, en Danny en Louis se speurwerk laat hulle diep in die sop beland. Max saai twyfel met sy kant van die storie en Chanel en Danny weet nie wie om te glo nie, Elise is oorgehaal om die beste verrassing­spartytjie vir Annelize te reël, Louis se ontdekking staaf een van die mans se storie, en dit is Conrad se taak om Brandon in te lig oor die nuutste gebeure in die hospitaal. Karen probeer Liam se vrese hokslaan, Tertius is woedend om ’n sekere dokter in die Binneland-kliniek raak te loop, en Liam erken iets aan Uys. Max vertel Danny meer oor Roelf en wie hy regtig is, Gaby se liefdeslew­e wil net nie op dreef kom nie, en Elise konfrontee­r Tertius oor sy ware gevoelens vir Annelize. Chanel bevind haar in groot moeilikhei­d, die wind word uit Karen en Gaby se seile geneem, en Conrad moet op Piet staatmaak vir inligting. • Lees meer op bl. 47.

 ?? ?? Roelf (hooffoto) vertel vir Chanel en Danny ’n storie dat Max (inlas) ’n reeksmoord­enaar is.
Roelf (hooffoto) vertel vir Chanel en Danny ’n storie dat Max (inlas) ’n reeksmoord­enaar is.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa