TV Plus (Afrikaans)

G’n kitsoploss­ing nie BLY BESIG MYMOENA OORREED AB

AB kry ’n skokdiagno­se en sy gesondheid gaan agteruit.

-

Die Samsodiens was al deur diep waters: Verlede jaar se Farah- saga (Lee-Ann van Rooi) wat AB (Cedwyn Joel) verlei en oorreed het om haar as sy tweede vrou te neem, het die familie amper uitmekaar geskeur. En nou kom hulle weer voor ’n nuwe uitdaging te staan wanneer AB se gesondheid verswak . . .

’n Wegbreek word in die wiele gery wanneer AB en sy vrou, Mymoena (Jill Levenberg), die reëlings tref en AB dan skielik sukkel om asem te haal. “Dit vang almal onkant en teen die tyd wat die ambulans by die Samsodienh­uis opdaag, het AB ernstig verswak en blou in die gesig geraak. Hy het ook ’n allergiese reaksie gehad op die bloed wat hy gekry het en in anafilakti­ese skok gegaan,” verduideli­k Cedwyn.

Mymoena is oortuig iets groots is fout en is angstig vir antwoorde, en wanneer hulle hoor AB het dubbele nierversak­ing, stort hul lewe in duie.

Die hele Ruiterbosc­h is in rep en roer oor AB en geskok wanneer hulle hoor AB se een nier het jare gelede al ophou werk. “Die diagnose is nie net onverwags nie, maar lewensvera­nderend,” sê Cedwyn. “Dit maak AB angstig, want dit is nie asof daar ’n kitsoploss­ing is vir sy

toestand nie. Die toekoms voel skielik baie duister.”

Mymoena probeer besig bly ná die nuus. “Sy besef sy moet sterk staan – al is dit hoe moeilik. Sy kan nie wys die nuus kry haar onder nie,” sê Jill.

Intussen word nóg iets oor AB se siekte ontdek. “AB het polisistie­se niersiekte wat ’n genetiese afwyking is. Dit kan dus moontlik oorerflik wees, wat beteken sy seun,

Rhafiek (Irshaad Ally), en halfbroer, Nazeem (Irvine van der Merwe), kan ook daaraan ly,” sê Cedwyn.

NÓG SLEGTE NUUS

Ná vele toetse en terwyl AB in die hospitaal aansterk, kry hulle nóg slegte nuus: AB kort dringend ’n nieroorpla­nting.

Die hele familie is geskok, en Rhafiek is die een wat die verantwoor­delikheid op sy skouers neem en aanbied om sy nier vir sy pa te skenk, maar AB weier. “AB vrees as hy een van Rhafiek se niere vat, en Rhafiek ontwikkel later ’n niersiekte, dan kan dit sy seun se lewe kos,” sê Cedwyn.

AB is hardkoppig en weier om na rede te luister. Dit maak Rhafiek moedeloos en die twee het ’n hewige argument. Uit desperaath­eid pleit hy by sy ma, Mymoena, om AB te oorreed om die oorplantin­g te doen. “Mymoena is in twee geskeur,” sê Jill. “Dit plaas haar in ’n baie moeilike posisie, want sy verstaan AB se redes, maar sy weet ook dié kan dalk ’n kans wees om haar man se lewe te red.”

Uiteindeli­k gee Mymoena in en praat mooi met AB om sy seun se nier te aanvaar. “Sy sê vir AB daar is nog soveel wat sy saam met hom wil doen. En sy is by ’n kruispad, want dit voel asof daar nie ’n regte keuse is nie. Maar hulle moet hul vertroue in Allah plaas, want dalk sal Rhafiek wel oukei wees as hy sy nier aan sy pa skenk.”

Dinge begin net beter lyk wanneer nóg ’n terugslag die Samsodiens tref: Rhafiek is nie meer geskik om vir AB sy nier te gee nie. “Die mediese toetse wys Rhafiek se nier is nie aanpasbaar by AB se liggaam is nie,” sê Cedwyn.

Mymoena skrik wanneer sy hoor die dokter wil AB uit die hospitaal ontslaan, want vir eers kan hy tuis verder behandel word. “Sy weet AB gaan moeilik wees en dalk nie wil stilsit en rustig by die huis wees nie,” sê Jill, maar sy aanvaar dit en probeer die beste van die situasie maak.

BROERS IS KRAPPERIG

AB is vasberade om die tyd wat hy oor het, goed te benut, wat Mymoena lelik omkrap. Dit voel vir haar asof hy opgee, maar AB verseker haar dis nie die geval nie. “Hy paai haar en sê hy gaan baklei, maar ook voluit leef,” sê Cedwyn.

Nazeem gaan loer by AB in en hulle gesels openhartig. En tydens hul gesprek maak Nazeem oop oor hoe sleg hy voel oor ’n voorval in hul kinderjare. “Nazeem het AB met ’n stok oor die rug geslaan. Nazeem dink die hou het AB se nier beskadig en die skete aangewakke­r, maar AB sê vir Nazeem die kans is skraal dat dit enige bydrae gelewer het. Maar in sy agterkop wonder AB tog of dit enige uitwerking gehad het, en hy begin Nazeem vermy,” sê Cedwyn.

Sal die twee vrede maak voor AB dalk sterf? Of sal ’n geskikte skenker opduik? Jill sê Mymoena klou vas aan hoop. “Maar dinge lyk vir haar pikdonker, en asof daar nie ’n regte antwoord op hul gebede is nie.” Lees meer op bl. 43.

 ?? ?? AB sterk aan in die hospitaal nadat sy gesondheid verswak.
AB sterk aan in die hospitaal nadat sy gesondheid verswak.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa