TV Plus (Afrikaans)

Nuwe bloed

Marvin-Lee Beukes maak sy debuut in Suidooster en gaan lekker drama veroorsaak as die eiendomsag­ent Donovan Williams.

-

Jacobs Property Developmen­t (JPD) groei vinnig en hulle het nóg personeel nodig. Donovan Williams (Marvin-Lee Beukes, kaptein Juan Stuurman in die aksiereeks Die Byl) stel belang in die pos, maar die grootbaas Bridgette Jacobs (Denise Newman) is nie juis ingenome met hom nie en wil aanvanklik niks van hom weet nie. Maar hy maak tog ’n indruk op haar.

DIE KORTLYS

“Donovan is ’n belowende jong eiendomsag­ent,” sê Marvin oor sy karakter. “Hy is slim, sjarmant en hardwerken­d en het ’n aanhouer-wen-gees.” Dus is hy ontsteld wanneer hy by JPD opdaag en navraag doen by die sekretares­se, Danni (Vashti Prins), en sy vir hom sê hy is nie eers op die kortlys vir ’n onderhoud nie. “Dit maak nie vir Donovan sin nie, maar wat hy nie weet nie, is Zoe (Lauren Joseph) – eiendomsag­ent by JPD en Bridgette se susterskin­d – het die vorige dag sy naam van die kortlys afgehaal,” sê Marvin-Lee.

Wanneer niemand in die JPD-span gaande is oor die kandidate wat wel vir onderhoude gekom het nie, vertel Danni vir Bridgette van Donovan.

KRAP DIE BAAS OM

Dinge verloop goed tydens Donovan se onderhoud. Hy beïndruk vir

Lee-Ann (Portia Joel), Bridgette se suster, asook vir

Zoe, maar nie vir Bridgette nie. “Donovan beledig van

Bridgette se vriende wanneer vrae gevra word oor hoe hy sekere kliënte sal hanteer. Hy maak dit duidelik hy dink dié mense is snobs en hy sal nie sy tyd met hulle mors nie,” sê Marvin-Lee. Omdat Bridgette die enigste een met bedenkinge is, kry Donovan tog die pos.

Bridgette maak dinge vir Donovan moeilik tot Zoe haar aanmoedig om die man ’n kans te gee, maar wanneer Bridgette hom vir ’n werkete nooi, wys hy dit van die hand. “Dis dalk nie die wysste besluit nie,” sê Marvin-Lee. “Maar Donovan wil vir Bridgette wys hy kan groot visse inkatrol. Daarom gaan speel hy gholf saam met ’n kliënt en oorreed hom om sy peperduur eiendom te verkoop.”

VERLEDE KEER

Bennie het vir Linda ogies gemaak en haar op ’n afspraak uitgevra, Ty en Lee-Ann se verhouding en verlowing is verbreek, Bridgette het Nazeem gekonfront­eer, en Tim wou sy pa, Chris, help. Rhafiek het bekommerd geraak oor AB se gesondheid, Linda en Bennie het hul eerste soen gedeel, en Susan wou enige verdere gevoelens wat tussen Linda en Bennie kon ontwikkel, keer. Kate het vir Chris ’n verrassing gebring, en Ty en Lee-Ann het albei gesukkel om sonder mekaar aan te pas.

IN DIÉ UITGAWE

AB voel beter, maar die res van die familie het ’n nuwe bron van kommer, Zoe wurm haarself in op die keuringspa­neel vir hul nuwe agent, en Carlo het planne met sy pa Ty. AB kry slegte nuus oor sy gesondheid, Bennie probeer om Linda in die Kaap te hou, en Ty erken iets aan Lee-Ann. Mymoena sukkel om die regte besluit vir haar familie te neem, Susan en Elana trek toutjies om ’n spesiale verrassing te reël, en Kate ontdek iets skokkends. AB is vas oortuig alles sal ten goede uitwerk, Nazeem onthou iets wat hom verantwoor­delik laat voel vir AB se toestand, en Ty is ongemaklik met Carlo se nuwe stokperdji­e. Nazeem vermoed AB verwyt hom, Lee-Ann nooi die Daniels-manne vir ete, en Tim is jaloers op sy nuwe kollega, Donovan. AB en Mymoena wil vrede maak met Nazeem, Bridgette probeer na Donovan uitreik, en Lee-Ann word na Carlo se skool ingeroep. Nazeem voer ’n duistere plan in die mou, maar Bridgette probeer hom keer, Justin smeer ’n sosiale plig op Wade af, en Ty beleef ’n nuwe penarie met Carlo en weet nie hoe om dit te hanteer nie.

 ?? ?? Donovan (links) krap Bridgette (regs en inlas) aanvanklik om.
Donovan (links) krap Bridgette (regs en inlas) aanvanklik om.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa