TV Plus (Afrikaans)

Ingrypende einde tot bruilofvre­ugde WIE IS HY? NIE DIE EERSTE KEER NIE

Wie is die onbekende man, en wat gaan met hom gebeur?

-

Op pad van Lee-Roy

Foster (Roberto Kyle) en Wesley Rossouw (Craig Adriaanse) se troue, ry Lee-Roy se ma, Ronel (Melanie du Bois), ’n man om. Ronel het aangebied om huis toe te bestuur omdat haar man, Thys (Sherman Pharo), moeg was, maar die pad van die wynplaas af waar hulle makietie gehou het, was donker. En die volgende oomblik tref Ronel iemand wat langs die pad stap. Dis ook nie lank nie, of Ronel se skuldgevoe­l dryf haar om – volgens Thys – ’n ongesonde obsessie met die slagoffer te ontwikkel . . .

GESKOK

Ronel het vonkelwyn gedrink op die troue en voel natuurlik dadelik skuldig wanneer sy die man tref. “Ek dink baie dinge gaan maar deur ’n mens se kop ná so ’n groot skok,” sê Melanie. Thys was ook nog wakker toe hy die slag hoor, sê Sherman. “Hy het eintlik aangedring om te bestuur toe dit lyk of Ronel effens slaperig raak, maar hy was meer onder die invloed as Ronel, dit was dus beter dat sy bestuur. Hy verdink Ronel nie van roekelose bestuur nie, en albei van hulle weet dit was ’n ongeluk. Die man het van nêrens af verskyn en die pad was pikdonker.”

Ronel hou dadelik stil ná die slag en sy en Thys spring uit, net om te sien die onbekende man is bewusteloo­s.

RONEL SIT URE BY DIE HOSPITAAL

Niemand ken die man wat in die hospitaal opgeneem word nie, maar dit blyk uiteindeli­k sy naam is Nolan Baadjies (Jacques Bessenger), ’n nuweling in die Vlei. “Ons weet ook nie wie hy is nie, so dis moeilik om enige familie te kontak. Dis maar ’n mystery,” vertel Jacques en is opgewonde dat kykers sy nuwe karakter leer ken.

SKULD EN FRUSTRASIE

Ronel voel verantwoor­delik vir die trauma wat sy vir hom veroorsaak het en wil heeltyd seker maak hy is oukei – veral omdat hy aanvanklik vir ’n paar dae in ’n koma is. “Sy weet nie of hy sal wakker skrik nie. Sy bring ure by die man deur omdat haar skuldgevoe­lens alles oorheers. Sy voel dis nou haar verantwoor­delikheid om na hom te kyk.” Thys is ook bekommerd en verstaan sy vrou se besorgdhei­d, maar die ure wat sy by Nolan se bed deurbring, veroorsaak konflik tussen hulle, want Thys dink dis oorbodig.

Dis nie net Thys wat gefrustree­rd is met Ronel se beheptheid met die vreemdelin­g nie. Jacques sê: “Nolan raak aanvanklik geïrriteer­d met Ronel wat haar so oor hom ontferm. Dit is ’n vreemde vrou met wie hy nou skielik moet deal en dan moet hy nog sy ernstige beserings verwerk. So daar is baie wat op die oomblik in ’n Nolan se lewe aangaan.”

Dis nog ’n misterie hoekom Nolan daardie tyd van die aand op die donker pad was, sê Jacques. “Thys en Ronel vermoed hy het besluit om te gaan draf vir oefening.” Of dalk was hy besig om weg te hardloop van iets – of iemand! Die volgende paar maande gaan dié tameletjie ontrafel en ons sal moet sien of Nolan van sy beserings herstel, waar hy vandaan kom, en of hy ’n donker verlede het waarvan hy probeer wegkom deur in Arendsvlei te woon.

 ?? ?? Ronel (links) ry iemand raak! Sy en haar man, Thys (regs), waak by die beseerde man (inlas) tot hulp opdaag.
Ronel (links) ry iemand raak! Sy en haar man, Thys (regs), waak by die beseerde man (inlas) tot hulp opdaag.
 ?? ?? Die beseerde pasiënt se naam is Nolan Baadjies en Ronel raak behep met hom.
Die beseerde pasiënt se naam is Nolan Baadjies en Ronel raak behep met hom.
 ?? ?? Ronel (links) skrik groot wanneer sy iemand raakry nadat sy aangedring het om te bestuur, pleks van Thys (regs).
Ronel (links) skrik groot wanneer sy iemand raakry nadat sy aangedring het om te bestuur, pleks van Thys (regs).
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa