Die woestyn in
Die skepper van die reeks Reyka, Rohan Dickson, praat oor sy soektog na ’n tuiste vir sy nuwe program Desert Rose.
M-Net (*101) se nuwe plaaslike dramareeks Desert Rose is ’n storie van onskuld en ervaring, wat afspeel in ’n vergete Noord-Kaapse dorp. Die storie draai om die Greylingsibbe en wat hulle doen om te oorleef in die middel van nêrens nadat hul pa, Freddie (Neil Sandilands, Bart in die sepie 7de Laan, lees meer op ble. 30 en 31, en nou genl. Abbot in die Netflix-sci-fi-reeks Sweet Tooth), die woestyn in verdwyn. Hul huis is in skuld gedompel en die familie is dank verskuldig aan ’n gevaarlike man.
Die woestynagtergrond was noodsaaklik vir die temas wat die reeks se skepper Rohan Dickson (die skrywer van die misdaaddramareeks Reyka) wou verken. “Dis ’n gesinstorie. Dis ’n bekende storie. Maar die idee van karakters wat voel hulle is verban, vind groot aanklank by my. The Greylings is die vergete mense wat gelos is om op die rand te leef in ’n land wat hulle agtergelaat het. En dis nie om jammer te voel vir hulle nie. Dis (nou) oor hoe jy oorleef.
Is daar liefde? Is daar verlossing? Is daar humor? Kan menslikheid gevind word in die krakies of kwyn jy net weg in die woestyn?” Maar voor hy kon skryf, moes Rohan sy eie wandeling die wildernis in neem . . .
MENSE EN ’N PLEK
“Die storie is losweg gegrond op episodes en stukkies vertellings wat ek onthou ek as seun oor my familie gehoor het. Ek het baie van die stemtoon gehad, ek het die karakters geken, en ek het geweet wat kon die storie aan die gang kry, wat die dood van een van die sibbe sou wees. Dit het alles in die werklike lewe gebeur,” sê Rohan. “Maar ek wou dit nie plaas waar dit werklik gebeur het nie, waar ek vandaan kom (KwaZulu-Natal). Ek wou myself losmaak, want ek het geweet ek maak fiksie van ’n groot deel daarvan. En ek is dol oor stories en flieks wat in die Amerikaanse woestyn of die Australiese agterveld afspeel. Om die woestyn te vind was waarvoor die eerste avontuur was.”
Kort voor die inperking in laat Maart 2020 het Rohan en sy draaiboekredakteur Gerrit Olivier ’n reis onderneem om die Noord-Kaap te verken, om die storie sy basis te gee. “Ek het geweet Gerrit sou daarvan hou om ’n avontuur te beleef. Hy’s baie ouer as ek en hy ken baie van die geskiedenis, boonop is hy Afrikaans, en elke liewe mens wat ons raakgeloop het, was Afrikaans, eerste taal. Daarna het hy elke konsepontwerp van al die draaiboeke gelees en my spesifieke notas gegee oor hoe mense in daardie situasie sou optree, veral dié met Afrikaanse wortels. Dít was baie waardevol,” verduidelik Rohan.
En toe vertrek hulle na die wye oop landskap van die Noord-Kaap. “Ek was onseker oor waarheen ek gaan. Ek het nie geweet van Kamieskroon nie, die plek waar ons uiteindelik die reeks verfilm het. Ek het vir langer as ’n week saam met Gerrit gegaan. Ons het na Springbok gery en verken. Daar is ’n gebied van sowat 200 km wyd wat ons oral verken het. Die mense het ons by hul huis ingeneem, en ons het met uiteenlopende mense in die Noord-Kaap gepraat. Ons het die vreemdste en wonderlikste mense letterlik in ’n hutjie in die middel van die woestyn gekry, ons het net die hut genader en gevra om met hulle te praat.
“In Kamieskroon was ’n gesin wat baie met ons gepraat het, ons aandete gegee en ’n rukkie na ons omgesien het. Hulle was fantasties en baie verwelkomend. Ek dink nie Kamieskroon was op daardie tydstip die ooglopende keuse nie, want dis baie klein, dis meer ’n nedersetting as ’n dorp, en ons het nie geweet of ons al die geriewe sou hê om ’n reeks daar te skiet nie. Uiteindelik het ons 80% van die reeks daar geskiet, en 20% in Port Nolloth langs die kus.
“Dis so pragtig. Ons het agt dae deurgebring omring deur Namakwaland, en op daardie tydstip was dit kaal. Ek is seker die blomme voeg ’n poëtiese gevoel by, maar wat ek gesien het, was blywend en ongelooflik. Dit was ’n werklik gedagteprikkelende ervaring. My storie het meer Afrikaans geword. Die geur van die Noord-Kaap het meer teenwoordig geword. En soos ek begin skryf het, het ek daardie stories van my familie agtergelaat en ek kon goed begin opmaak. Dis nou ongewoon.
Selfs al was daar geen TV-reeks nie, sou dit steeds iets wees wat ek nooit sou vergeet nie,” sê Rohan.