Telemundo Daagliks 21:00
@TELEMUNDOAFRICA @TLNDAFRICA @TELEMUNDOAFRICA h Daagliks Telemundo (*188) om 10:20 & 14:30 17:00 & 00:00 & 02:30
VERLEDE KEER
Camilo is hertoegelaat tot Santa Rosa-hospitaal om sy kankerbehandeling voort te sit, María Clara het haar romanse met Carlos weer aangewakker, en Gloria se dwelmverslawing het haar verhoudings vernietig.
IN DIÉ UITGAWE
Carlos en María Clara bring ’n aand saam in ’n hotel deur, Gloria stort emosioneel ineen, en Helen staan op die punt om te bedank by die hospitaal, maar ’n vriend bring haar tot ander insigte. Verontrustende nuus oor die koronavirus tref Santa Rosa, Gloria het ’n insinking wanneer die druk verhoog, en Álvaro het ’n meningsverskil met ’n geliefde.
’n Pasiënt stort inmekaar by die hospitaal, ’n man kanselleer sy troue, en Helena probeer
Gloria oorreed om te erken sy is verslaaf. Die dokters raak paniekerig wanneer ’n pasiënt tuberkulose het, Gloria het onttrekkingsimptome, en die hospitaal sukkel om pasiënte te behandel. Gloria steek haar dwelmmisbruik weg van iemand na aan haar, María Clara word gevra om ’n nuwe produk te bemark, en Helena begin ’n TB-behandeling.
Gloria kry nóg ’n kans om haarself by die werk te bewys, Román bel sy dogter, Valentina, uit die tronk, en ’n pasiënt hoor sy is swanger. ’n Verpleegster waarsku haar kollegas oor die nuwe virus wat in hul dorp versprei, Helena versorg ’n pasiënt met longkanker, en twee vriende raak versoen. María Clara reik uit na Gloria, Helena doen ’n swangerskaptoets weke nadat sy en Carlos uitgemaak het, en Román ontdek Valentina se geheim. Carlos is verras wanneer Helena hom vertel sy verwag sy baba, Álvaro kry ’n onverwagte besoek, en Gloria oorweeg dit om professionele hulp te kry.