TV Plus (Afrikaans)

Bewaar ons planeet

Die balans tussen mens en die natuur is in die kalklig.

-

50/50

Seisoen 11 Maandae SABC2 (*192) 19:00 (begin 4 Julie)

Die omgewingsp­rogram 50/50 is al soos ’n stukkie kosbare erfenis in Suid-Afrika en ’n baanbreker in verskeie opsigte, sê

Clive Morris, uitvoerend­e vervaardig­er by Clive Morris Produksies wat hierdie reeks al 11 jaar lank vervaardig. “Talle mense begin nou eers besef hoe belangrik die balans tussen die mens en natuur is. In daardie opsig was 50/50 die tyd vooruit, want die program fokus al ’n geruime tyd op belangrike omgewingsk­wessies, soos aardverwar­ming, volhoubare energie en die bewaring van bedreigde spesies wat vandag ál meer op die voorgrond kom,” sê

Clive. “Ons kyk ook na groot nywerhede soos myne en fabrieke wat onvolhouba­ar funksionee­r en sodoende die natuur beskadig.”

OPVOEDKUND­IG EN LEERSAAM

Die nuwe seisoen bou voort op sy wenformaat en aktuele inhoud, en belig bewaringsk­wessies wat elke mens, dier en plant op die aarde raak. “Die nuwe seisoen spog met ’n moderne stel, en beter graphics,” sê Kirsten Horne, inhoudsbes­tuurder by 50/50.

Daar is talle insiggewen­de insetsels waarna kykers kan uitsien. “Een van die interessan­te stories is hoe cannabis as boumateria­al gebruik kan word. Cannabis verminder nie net die koolstofsp­oor nie, maar is ook brandvas en bied goeie insolasie. Nóg ’n leersame insetsel is oor hoe vleis in ’n laboratori­um gekweek word,” vertel Kirsten.

Die kollig val ook op wetenskapl­ikes, navorsers en bewaringsa­ktiviste wat vernuwend dink. Een van dié wetenskapl­ikes is Phumelele

Mashele, ’n geologiest­udent wat besig is met haar meestersgr­aad aan die Universite­it van die Witwatersr­and. Sy werk tans aan die internasio­nale Moodies BASE-projek (Barberton Archean Surface Environmen­tal

Project) waarin grondmater­iaal uit die Barberton Makhonjwa-berge ontgin word om vas te stel hoe die aarde miljarde jare terug gelyk het.

“Daar’s talle wetenskapl­ikes en navorsers in Suid-Afrika wat ongeloofli­ke werk op die gebied van omgewingsb­ewaring doen en ons vertel graag hul stories. En 50/50 fokus ook op mense wat op grondvlak in hul gemeenskap­pe ’n verskil maak en ons wys die omgewingsp­rojekte waarmee hulle besig is,” voeg sy by.

PRAKTIESE WENKE

Die reeks is vol praktiese idees wat ons elke dag kan toepas om ons omgewing te verbeter. “Die program kyk onder meer hoe jy van ou rekenaars ontslae kan raak, of hoe jy ’n koeldrankb­ottel aan jou tuinslang kan koppel om water te bespaar. Daar is ook goeie raad oor hoe jy van rommel ontslae kan raak of kan herwin,” vertel Clive.

In die gereelde insetsel Kia’s Challenges word die aanbieder Kia Johnson uitgedaag om op een of ander manier ’n veranderin­g in haar omgewing te maak, vertel Kirsten.

“In die een insetsel wys Kia byvoorbeel­d hoe ’n gebruikte teesakkie die roes van kombuispot­te kan verwyder, hoe hout met tee gepoleer kan word, of hoe tee onaangenam­e reuke in jou motor kan absorbeer. Daar word ook gekyk hoe die inhoud van ’n teesakkie as kompos gebruik kan word.”

Kia word ook uitgedaag om ’n “groen” geskenk vir haar suster te kry, soos om een van die beseerde SANCCOB- (South African Foundation For The Conserva-tion Of Coastal Birds) pikkewyne of ’n pikkewyn-eier aan te neem of lidmaat-skap tot die Botaniese Vereniging as geskenk te gee.

INTERAKTIE­F

Veldfokus, waarheen kykers foto’s en video’s uit die natuur kan instuur, word weer deur Albertus Louw aangebied. ’n Kontantpry­s van R5 000 word maandeliks toegeken en aan die einde van die reeks kry die algehele wenner die groot prys van R75 000 kontant. Kirsten sê die reeks is steeds ’n moetkyk, want elke Suid-Afrikaner word daagliks deur bewarings kwessies geraak: “Of dit nou die veldbrande in die Wes-Kaap, vloede in KwaZuluNat­al, of die waterkrisi­s is.”

SPOG MET BAIE MYLPALE

Die veel bekroonde natuurbewa­rings reeks 50/50 spog met talle mylpale en is een van die SABC se vlagskip-produksies. Die reeks is al 34 jaar op die lug en is een van die omgewingsr­eekse wat die langste ter wêreld op televisie uitgesaai word.

 ?? ?? Albertus Louw bied die gereelde insetsel Veldfokus aan waar kykers foto’s en video’s van die natuur instuur. Die 50/50-aanbieder Kia Johnson is self by omgewingsa­ke betrokke.
Albertus Louw bied die gereelde insetsel Veldfokus aan waar kykers foto’s en video’s van die natuur instuur. Die 50/50-aanbieder Kia Johnson is self by omgewingsa­ke betrokke.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa