TV Plus (Afrikaans)

Plaas-speletjies

Stadsjapie­s hou hul lyf boer op die plaas vir R1 miljoen.

-

Plaasjapie

Seisoen 1 Donderdae kykNET (*144) 20:00 (begin 14 Julie)

Dís ’n realiteits­reeks soos jy nog nooit gesien het nie! “Ons het ’n wilde perd opgesaal,” sê die regisseur Nina Swart van dié nuwe program, Plaasjapie­s. “Ek moet nou al die plaasmetaf­ore gebruik,” skerts sy.

En die reeks is soos om ’n jakkals in die kallerhok los te laat. “Dis ’n sosiale eksperimen­t en dit was interessan­t om te sien hoe die mens se natuur uitkom in dié opset,” sê die skepper Albert Snyman. Dis sy eerste realiteits­reeks saam met sy vennoot Louis Pretorius, wat gewoonlik dramareeks­e soos Die Boekklub en Troukoors (nou op Showmax) skryf.

“Ons het baie navorsing gedoen en is uiters tevrede met die eindresult­aat. Hier kom beslis ’n ding!” En Plaasjapie is inderdaad ’n perd van ’n ander kleur!

DIE KONSEP

Agttien deelnemers gee hul gemaklike stadslewe prys om in twee spanne vir 21 dae op ’n plaas te boer. “Hulle moet alles doen wat boere gewoonlik doen: Varke en skape versorg, mielies verbou en koeie melk,” verduideli­k die aanbieder Ewan Strydom, wat self ’n plaasjapie is en reeds sy slag voor die kamera as medeaanbie­der van kykNET se joernaalpr­ogram Bravo! gewys het.

Benewens die versorging van hul plaas ding die twee spanne in elke episode mee in uitdagings – van ’n hindernisb­aan waar oor hooibale geklouter word, tot meer intellektu­ele speletjies om die spelers almal ’n wenkans te gee. Iemand van die verloorspa­n word in elke episode uitgestem, tot een nuwe boer die R1 miljoen-prysgeld opraap.

“Dit klink soos Survivor, maar dit is nie,” verduideli­k Nina. “Hulle leef in baie basiese omstandigh­ede in ’n skuur, maar kry drie maaltye per dag. Die groot ding is om na jou plaas om te sien. En om iemand uit te stem, is strategies: Jy kan nie die ou uitstem wat dalk die beste vaar met die skape se versorging nie, want wie gaan dan die skape se goeie kondisie handhaaf? En, die varkies en skapies het ook hul gunsteling­e gekies.”

Daar is nóg ’n kinkel. “Met elke uitdaging kan jy ’n luuksheid wen, soos kampbedden­s vir almal,” sê Albert. “Maar wanneer die persoon wat dit gewen het, uitgestem word, verloor hulle dit. Jy moet dus mooi dink wat jy doen.”

MENS EN NATUUR

Luukshede het later nie saakgemaak nie, sê Albert. “Ons het in die Swartland in moeilike toestande verfilm. Dit was soms so warm, die kameras het oorverhit. Dink net hoe die deelnemers gevoel het wat in daardie son op ’n plaas van 5 ha moes wérk!

“Die deelnemers moes van die begin af in skottels was en baie handearbei­d verrig, want die hele reeks draai om basiese boerdery – geen toerusting of moderne geriewe nie. Die deelnemers het met ’n Survivor-idee opgedaag en gedink hulle moet alliansies vorm, maar dit het vinnig verander. Almal moes saamwerk om hul einddoel te bereik. Kampbedden­s en ander luukshede was nie meer belangrik nie, want almal het gou een geword met hul omgewing.”

OORSPRONKL­IK

Plaasjapie is uniek aan Suid-Afrika en nie geskoei op enige fanchise of bestaande formaat van ’n reeks, soos Boer Soek ’n Vrou wat ook in ander lande uitgesaai word nie. “Dit was besonders om iets so eg aan ons land te doen. Mense besef nie wat dit verg om te boer nie, maar dis so ’n belangrike deel van wie ons is,” sê Ewan wat die deelnemers met deernis behandel het. “Deelnemers het saans om die kampvuur gesit. Dan is dit stil. Net jy en die mense om jou wat al hoe minder word soos die reeks vorder. Ek was eintlik jaloers op hulle, want jy word werklik een met alles om jou.”

DIE DEELNEMERS

Teen druktyd mag ons nog nie vertel wie die deelnemers is nie, maar Nina sê: “Ek is verlief op almal. Daar is ’n lekker mengsel van die poppie tot die Jock. En dis wonderlik om te sien hoe hulle almal deur die reeks groei. Dit was eintlik hartseer toe die verloorspa­n by die koöperasie by Ewan gaan kuier het en iemand moes huis toe gaan.” En Albert sê die wenner gaan ’n groot verrassing wees. “Maar dis ’n waardige wenner! En ek kan jou sê, gestroop van alles sal mense jou verbaas. Eintlik is ons almal meer goed as sleg.”

 ?? ?? Ewan Strydom kyk toe hoe stadsjapie­s hul lyf boer hou.
Ewan Strydom kyk toe hoe stadsjapie­s hul lyf boer hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa