TV Plus (Afrikaans)

Pure note-pret

Noot Vir Noot is terug met nóg meer woema.

-

Noot Vir Noot

Seisoen 46 Donderdae SABC2 (*192) 19:00 (begin 14 Julie)

SABC se jare lange musiekspel­etjiereeks Noot Vir Noot is terug met meer pret, vermaak, nuwe speletjies en interaksie. Die reeks is juis so gewild omdat daar in elke seisoen vernuwing is, sê Carl Stemmet, die kreatiewe regisseur van Stemmburg Televisie wat Noot Vir Noot vervaardig.

“Ons gee elke seisoen ’n nuwe inspuiting om die reeks vars en vermaaklik te hou,” sê Carl. “Maar ons bly steeds by die basiese beproefde resep wat kykers reeds 31 jaar bankvas voor die kassie vasgenael hou.”

HOPE ENERGIE

Die sanger Emo Adams, wat reeds vir twee seisoene die nuwerwetse Noot Vir Noot aangebied het, hou weer in die nuutste seisoen die leisels saam met die op-en-wakker DJ Shelly (Rochelle de Bruyn), wat vir die musiekleid­rade sorg.

“Emo en DJ Shelly het ’n baie goeie rapport en hul energie is aansteekli­k. Die ontspanne atmosfeer laat die deelnemers meer op hul gemak voel en dit ontpop in ’n groot partytjie,” vertel Carl.

NUWE BAADJIE

Hierdie seisoen spog met twee nuwe musiekspel­etjies: Wie Se Wysie en Die Backtrack Game. “In Wie Se Wysie kry die deelnemers drie kunstenaar­s en tien titels van liedjies as leidrade.

Hulle moet dan elke kunstenaar by die korrekte titel pas,” vertel Carl. In Die Backtrack Game word slegs die instrument­ale agtergrond van die liedjie sonder die kunstenaar se stem gespeel en die deelnemers moet raai wat die titel van die liedjie is.

Daar is nóg nuwe kinkels. In die Assosiasie-speletjie word die prentjies nou met video’s vervang, en boonop is deelnemers se familie nou aktief deel van die program, al is dit vanuit hul eie huis op hul rusbank. “Die kamera fokus kort-kort op die deelnemers se familie waar hulle hul familiede aanmoedig.

Die familieled­e moet ook vier liedjies versoek wat die betrokke kunstenaar op die program sing,” verduideli­k Carl.

Anders as die vorige seisoene toe die gaskunsten­aar net vir ’n kort rukkie op die verhoog opgetree het, is die kunstenaar­s en die musikante wat hulle begelei in die nuwe seisoen van die begin tot die einde van die program betrokke. “Die nuwe stel sluit ’n aangrensen­de klankatelj­ee in waar die kunstenaar­s optree.” Die kamera wys ook gereeld hoe die kunstenaar saam met sy orkes vir die liedjies wat versoek word, in hierdie ateljee voorberei.

DEELNEMERS EN GASKUNSTEN­AARS

Die deelnemers, wat aanlyn ingeskryf het om aan Noot Vir Noot deel te neem, se ouderdomme wissel van 18 tot 45 jaar. “Dit is verblydend dat daar nou ’n hele nuwe en jonger geslag te voorskyn kom. Hulle is uiteraard meer op hoogte van die nuwer en moderne treffers en bring ook meer woema na die program,” sê Carl.

Die kunstenaar­s wat optree, gaan weer groot kykergetal­le lok, sê Carl. Ons kan uitsien na sangers, soos Elandré, Brendan Peyper, Leah en

Tarryn Lamb. Die seisoen is verfilm toe streng Covidvoors­orgmaatrië­els nog gegeld het, maar die gehoor was steeds groot. “Ons het die voorgeskre­we Covid-19-protokol ten volle nagekom en die sitplekke is so ingerig dat genoeg sosiale afstand gehandhaaf kon word.” Nóg ’n kernbestan­ddeel van die suksesvoll­e Noot Vir Nootresep is die interaksie tussen almal wat by die program betrokke is.

“Die wisselwerk­ing tussen die twee aanbieders asook die deelnemers en hul familieled­e is net so belangrik soos die meelewing van die kykers tuis wat op hul rusbank sit en die antwoorde uitskreeu.”

Dit klink sommer lekker!

 ?? ?? Emo (links) en DJ Shelley.
Emo (links) en DJ Shelley.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa