TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

BOLD

-

Quinn en Grace probeer om Paris en Carter van hul verlowing te laat afsien, Zende sê vir Grace Paris het haar keuse gemaak, en Carter erken teenoor Ridge hy’s steeds verlief op Quinn. Sheila besef Li probeer die polisie bel en wil haar in ’n strik lei, en tydens hul motorjaagt­og ry Sheila in Li vas, wie se motor aan die brand slaan voor dit teen ’n wal tot in die water afrol. Eric belowe Donna hulle het ’n toekoms saam, Quinn en Bridget betrap hulle saam in die bed, en Quinn gaan op ’n dol reis in die naam van die liefde voor sy ongenooid by Paris en Zende se troue opdaag.

DAYS

Rafe en Nicole stel hul troue uit, terwyl Paulina en Abe afhaak. Lani beken skuld aan die moord op TR, Sarah sê vir Zander sy hallusinee­r, en Ava vra Gwen of Gwen Abby vermoor het. EJ probeer Chad troos wat sy kinders moet vertel Mamma is dood, en Jan laat doop haar pasgebore baba Shawn. Shawn sê vir Belle

Jan gaan nie terug tronk toe nie, Brady en

Chloe sien Shawn en Jan soen mekaar, en Sami betrap Belle in die bed met EJ. Hope stuur ’n sentimente­le geskenk aan Ben en Ciara, en Sarah storm met ’n mes op Chanel af.

Y&R

Lily hoor hoe Billy Victoria vertel hy gaan nie teen hul toesigoore­enkoms baklei nie, en Nikki vra Michael om Diane se aktiwiteit­e in Los Angeles te ondersoek. Chelsea en Chloe bots by die bekendstel­ling van Chelsea se nuwe reeks, en Summer oorweeg dit om Chelsea as hoofontwer­per by Marchetti aan te stel. Kyle verlaat Jabot om as HUB by Marchetti oor te neem, en Jack bied Allie ’n internskap by Jabot aan. Victor oorreed Michael om hom te help om Victoria en Ashland se planne vir ’n nuwe besigheid te dwarsboom, en Amanda se ma, Naya, kry ’n ernstige beroerte. Elena word genooi om by ’n mediese kongres in Hawaii te praat, maar Imani hoor Nate gaan tuisbly.

 ?? ?? Li se kar slaan aan die brand nadat Sheila in haar vasry.
Li se kar slaan aan die brand nadat Sheila in haar vasry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa