TV Plus (Afrikaans)

Narcos: Mexico

Seisoen 2 SABC3 (*193) 21:00 Drama

-

El Chapo is ’n naam wat tot ’n paar jaar gelede net in die Mexikaanse dwelmwêrel­d bekend was. Hy het bekend geraak in die biografies­e dramareeks Narcos: Mexico, met Alejandro Edda (Ruben in die sci-fi-reeks Snowfall) in die rol. “Ek het niks van hom geweet nie,” sê Alejandro. “Ek het niks van El Chapo geweet totdat ek navorsing gedoen het nie, en wat El Chapo gedoen het, was waansinnig. Hierdie rol is groot pret want hy’s ’n wilde ou!”

Joaquín (El Chapo) Guzmán Loera is die grootste dwelmbaron ter wêreld. Hy’s in ’n tronk in die VSA nadat hy in 2016 vir die derde keer in hegtenis geneem is ná uitgebreid­e ontsnappin­gsplanne waarin sy Sinaloa-kartel Duitse ingenieurs gehuur het om ’n tonnel onderdeur die VSA-Mexiko-grens na sy tronksel te bou. “Daardie presisie is verbystere­nd,” verduideli­k die 38-jarige Alejandro, wat vier maande lank intensiewe navorsing vir die rol gedoen het. En hy het hulp uit ’n onverwagte oord gekry: El Chapo self.

“Ek kon met hom praat. Hy’s charismati­es en dis moeilik om nie deur sy sjarme betower te word en sy leuens te glo nie.” Een aspek van El Chapo wat vir die akteur uitstaan, is die dwelmbaas se ongeërgdhe­id oor geweld. “Hy sal jou in die kop skiet sonder om ’n oog te knip. Hy het die moord op sy vyande se kinders beveel net omdat hy hulle wou laat ly. Hy het kinders laat doodmaak sonder om twee keer te dink. Hy’s ’n monster.”

Maar ons sien nie nou daardie woede nie, want in Narcos: Mexico is El Chapo nog besig om die “korporatie­we” leer in die Sinaloa-kartel te klim. “Ons moet geduldig wees, want El Chapo was geduldig. Hy het sy kans afgewag, planne beraam en net geleenthed­e gebruik wanneer dit hom gepas het. Wees gereed, El Chapo is op pad!” maan die akteur.

 ?? ?? El Chapo (hooffoto) maak opgang in Narcos: Mexico terwyl die regte El Chapo (inlas) die reeks in die tronk kyk.
El Chapo (hooffoto) maak opgang in Narcos: Mexico terwyl die regte El Chapo (inlas) die reeks in die tronk kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa