TV Plus (Afrikaans)

The Murder Tapes

Seisoen 5 ID (*171) 21:00 Ware Misdaad

-

The Murder Tapes is terug in grafiese en gewelddadi­ge detail. Speurders en forensiese spesialist­e berig eerstehand­s oor van die ergste moordsake wat hulle ondersoek het en hoe hulle die moordenaar­s opgespoor en tronk toe gestuur het. “Ons leef in ’n verskrikli­ke wêreld en dit is vreesaanja­end om te besef hierdie monsters bly in dieselfde ruimte as ons,” sê die verteller Dave DeAndrea.

Dave verstaan nie mooi waarom die reeks ondanks sy grusame onderwerp so gewild is nie. “Ek het gehoor ons mense het ’n beheptheid met dinge wat buite ons normale lewe is, dinge wat vir ons vreemd is. En moord is beslis vreemd, want ’n regdenkend­e mens word nie wakker en besluit om iemand dood te skiet nie.” Maar dis die soort goed wat die reeks ondersoek – abnormale gedrag van mense wat die hoofopskri­fte om die verkeerde rede haal: ernstige misdade.

Die program het ’n reeks kontrolepu­nte ingestel om seker te maak die stories word so goed moontlik vertel. “Ons kry ’n lys van almal wat by die sake betrokke is, van die eerste polisiebea­mptes op die toneel, regdeur tot by die patoloë wat die nadoodse onder-soeke behartig. Indien een van hulle weier om met ons te praat, skrap ons daardie saak, al is dit hartverske­urend en tragies. Ons wil die volle storie hê en ons doen alles moontlik om die slagoffer se verhaal te vertel en aan hul gesin, met wie ook onderhoude gevoer word, afsluiting te gee,” sê Dave.

Die moeilikste deel is egter die keuse van watter moorde om te ondersoek, want daar is so baie. “Daar is mense wat al vir ’n paar seisoene vir ons skryf,” sê Dave, en voeg by: “Dis moeilik om vir sommige van hulle nee te sê, want dis ’n tragedie en jy kan nie help nie. Soms wil ons help, maar ons kry nie al die nodige inligting nie.”

 ?? ?? Speurders soos Clive Stuartson onthul hoe hulle gruwelike moordenaar­s gevang het.
Speurders soos Clive Stuartson onthul hoe hulle gruwelike moordenaar­s gevang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa