TV Plus (Afrikaans)

Desert Rose

Seisoen 1 M-Net (*101) 20:30 Drama

-

Die allerlaast­e episode van die plaaslike dramareeks Desert Rose word vanaand uitgesaai, en Daniah de Villiers (Maggie in die sepie Suidooster, lees meer op ble. 24 en 25) wat Lucy Greyling speel, sê dit is skokkend. “Sjoe! Die laaste episode is my gunsteling,” sê sy. “Dis vol aksie en bakleitone­le namate die storielyn tot sy klimaks opbou, wat bevredigen­d is en hopelik kry die Greylings nou vrede.”

Dit was ’n moeilike pad nadat die gesin Rosie (Tinarie van Wyk-Loots, Lara Kruger in die dramareeks Fynskrif) in ’n motorongel­uk verloor het. Sy was die oudste Greyling-kind en ook Lucy se ma. “Die gesin moes mekaar weer vind toe die patriarg Freddy (Fingers)

Greyling (Neil Sandilands, Bernoldus in die plaaslike rilreeks Dam), wat hulle verlaat het, terugkeer. “Lucy het nie haar ma se dood goed verwerk nie,” vertel Daniah. “Rosie was baie lief vir Lucy, maar Lucy het geheime vir haar ma verberg, en Lucy is baie soos haar oupa Freddy.”

Die grootste geheim is Lucy se gevoelens vir haar netbalafri­gter en onderwyser, Gus Dolly (Christiaan Schoombie, dr. Greeff in die sepie Binnelande­rs, lees meer op ble. 28 en 29). Rosie was agterdogti­g oor Lucy se verhouding met Gus, en ná Rosie se dood, het Lucy haar op haar verliefdhe­id toegespits om haar aandag van haar hartseer af te lei, wat ingewikkel­de gevolge gehad het. “Lucy speel graag met vuur,” sê Daniah. “Sy’s ’n wildekat en dis omdat sy pappa-kwessies het.” En van pappa gepraat – wie is Lucy se biologiese pa? “Ek kan dit nie verklap nie, maar hy daag aan die einde van die reeks op – en dit is nóg ’n skok,” voeg Daniah by.

 ?? ?? Lucy se drama gaan die Greyling-gesin se bestaande probleme vererger.
Lucy se drama gaan die Greyling-gesin se bestaande probleme vererger.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa