TV Plus (Afrikaans)

Fresh Off The Boat

Seisoen 2 SABC3 (*193) 19:30 Komedie

-

Die Huang-gesin kry die wind van voor in vanaand se episode van die biografies­e sitkomreek­s Fresh Off The Boat. ’n Webwerf genaamd Phil’s Phaves het die gesin se restaurant geresensee­r – en die Huangs is nie daaraan gewoond nie, verduideli­k Eddie Huang, op wie se lewe die program geskoei is. “Onthou, in die tyd waarin die reeks afspeel – die vroeë 1990’s – was die internet ’n nuutjie wat min mense tuis gehad het. My pa,

Louis (Randall Park, dr. Shin in die Aquaman-flieks) het vir ons ’n rekenaar en internet gekry om ons besigheid te red.”

Louis se eetplek, Cattleman’s Ranch, was sedert episode 1 sy idee van die “Amerikaans­e droom” en hoewel sy seuns dit nie altyd geniet om daar te wees nie, sal hulle nie toelaat dat iemand hul pa seermaak nie. “Dis heelwat makker in die reeks as wat dit regtig was – my pa het die kritikus opgespoor en dinge het ’n bietjie warm geraak,” sê Eddie, en voeg by: “My pa is nie ’n gewelddadi­ge man nie, maar hy is beseer. Iemand wat sê die atmosfeer was nie goed nie, die kos was gemiddeld . . . was ’n lae hou. Ek’s ’n beroepsjef. Ek het in die Cattleman’s Ranch-kombuis geleer. Die kos was wonderlik. Dit was sleg om die seerkry in my pa se oë te sien.”

Die konfrontas­ie het Eddie se band met sy pa hegter gemaak, wat vir die reeks belangrik is. “Ons het baie gestry. Meer as wat ek wil onthou,” vertel die 40-jarige Eddie, wat ook ’n prokureur, musikant en sosiale media-ster is. “Ek wou my pa teen mense soos hierdie

‘Phil’ beskerm, wat net mense ongelukkig wou maak omdat hy ongelukkig is. Hy wou ook gratis kos hê. Dit was ’n aaklige ervaring – alles wat hy oor ons eetplek gesê het, was leuens net om kos te kry,” sê Eddie. “Ons wou wys hoe wreed mense kan wees, maar ook dat ’n gesin saam enige situasie kan oorkom.”

 ?? ?? Louis se droom van ’n suksesvoll­e restaurant kry teëspoed.
Louis se droom van ’n suksesvoll­e restaurant kry teëspoed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa