TV Plus (Afrikaans)

Fantasy Island

Seisoen 1 Universal TV (*117) 20:00 Fantasie

-

Dis geen verrassing dat gaste uit al die uithoeke van die wêreld die weelderige tropiese oord Fantasy Island in die gelyknamig­e reeks besoek nie. Hul drome wissel van die vermoë om te eet wat hulle wil sonder om gewig aan te sit, tot ’n reis na die verlede om hul gunsteling­skrywer te ontmoet – niks is taboe nie, maar daar’s ’n vangplek. Die “versorger” op die eiland, Elena Roarke (Roselyn Sánchez, Carmen Luna in die dramediere­eks Devious Maids) vervul nie die gaste se wense soos hulle verwag nie.

Elena lei hulle deur middel van ’n reeks lesse nader aan die antwoorde waarna hulle soek. “Die gaste wil dolgraag hul drome vervul, want hulle dink dit is die sleutel tot hul geluk, maar dit is glad nie waar nie,” verduideli­k Roselyn, wie se karakter aan die gaste ’n ander perspektie­f op hul kwessies gee. “Sy lei hulle eerder tot aanvaardin­g van en waardering vir hul lewe soos dit is, as hoe dit kan wees. Gevolglik verlaat die gaste die eiland met insig en as herskepte mense.”

In episode 4, byvoorbeel­d, wil die gas, die musikant Alma (Gigi Zumbado,

Tammy in die komedieree­ks

Bridge And Tunnel) bande met haar familie verbreek omdat hulle haar loopbaanke­use afkeur. Pleks van Alma se droom bewaarheid, oorreed Elena die musikant om in tyd terug te gaan om haar familie se geskiedeni­s in Kuba te verstaan voor hulle na die VSA verhuis het, en hoekom hulle voorbehoud­e het. Alma en haar geliefdes maak uiteindeli­k vrede danksy Elena se raad. “Al die karakters in Fantasy Island het traumaties­e ervarings gehad wat hul lewensuitk­yk gevorm het en Elena help die gaste om eerder hul onsekerhed­e en vrese te hanteer as om aan kitsoploss­ings toe te gee,” onthul Roselyn.

 ?? ?? Elena vervul haar gaste se wense, maar dit verloop nie altyd volgens verwagting nie.
Elena vervul haar gaste se wense, maar dit verloop nie altyd volgens verwagting nie.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa