TV Plus (Afrikaans)

Unboxed With Nikki Chu

Seisoen 2 The Home Channel (*176) 18:30 Leefstyl

-

Van die verfraaiin­g van ’n paartjie se slaapkamer om hul huwelikshe­rdenking te vier, tot die opknapping van ’n onprakties­e huurwoonst­el in ’n sjiek nuwe ruimte wat ’n huisbaas se goedkeurin­g sal wegdra – die bekende binneversi­erder Nikki Chu omskep haar kliënte se huise in meesterstu­kke in die opknapreek­s Unboxed.

Aan die begin van elke episode gee Nikki twee bokse met besielende artikels en hulle kies een. “Die bokse kan artikels bevat wat die kliënte dalk nie herken nie, soos ’n goue bak of ’n fles gevul met sand,” verduideli­k Nikki, wat nie haar ouderdom wil verklap nie. Die doel is om die dekorstyl wat die kliënte aantrek, te bepaal. Nadat hulle besluit het, laat die kliënte hul huis vir twee dae in Nikki se hande en wanneer hulle terugkeer, stap hulle by ’n lieflike opgeknapte tuiste in.

Nikki vertel daar’s groter druk in seisoen 2. Benewens kykers wat inskryf en haar raad vra, help sy ook haar A-lys-pelle, soos die akteurspaa­rtjie Boris Kodjoe (Robert Sullivan in die dramareeks Station 19) en

Nicole Ari Parker (Lisa Wexley in die komedieree­ks And Just Like That . . .) wie se patio Nikki in episode 1 opknap. “Die mense na aan my vra ’n paar dekorwenke, maar hulle huur my nie om ’n hele ruimte op te knap nie. Dis oorweldige­nd, maar ek is reg vir die uitdaging,” sê sy.

Wat Nikki ’n voorsprong gee, is sy weet waarvan haar vriende hou. “Ek vang hul persoonlik­heid vas en haal hulle uit hul gemaksone. Hierdie seisoen is emosioneel en lê my na aan die hart,” voeg die binneversi­erder by.

 ?? ?? Nikki Chu help kykers en beroemde vriende wat dolgraag hul huis wil laat opknap.
Nikki Chu help kykers en beroemde vriende wat dolgraag hul huis wil laat opknap.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa