TV Plus (Afrikaans)

tvplus sal jou antwoord en help waar ons kan!

-

Het ’n Explora Ultra, wil graag weet hoe verwyder ( delete) ek ou reekse r op Catch Up, asb. – A. A VAN LOGGERENBE­RG, MODIMOLLE MODIMOL

Ek mag dalk verkeerd wees (wat dikwels die geval is), maar sover my m kennis strek en ek kon va vasstel, kan jy nie self programme program delete van Catch Up n nie. Jy kan slegs programme programm op jou speellys wat jy self opgeneem het delete. Die programme wat op Catch Catc Up is, word bepaal bepaa deur DStv self, en jy kan ongelukkig nie kies wat jy op daardie daa lys wil sien of nie n wil sien nie.

Noudat Noud die kanale so verdwyn, ve gaan die maandeliks­e ma premies premie ook seker minder word – CHRIS, PER SMS

Ai Chris, ek wens dit het so gewerk. Alles word net duurder, nè? Gelukkig is daar nog opwipkanal­e op DStv, soos die Woordfees-kanaal (lees meer daaroor op ble. 12 en 13).

Môre, ek hoop ek nou die regte nommer. Wil weet hoekom is *195 weggevat. Ek is ’n Sassa-pensionari­s wat dit en *147 baie geniet. Groete. – HEILA, PER SMS

Ai Heila, dit het mos omtrent onmiddelli­k gebeur. DStv het besluit hulle gaan nie meer die Openview-kanale uitsaai nie. Openview het ’n saak daaroor begin, maar het verloor en daar is beslis DStv hoef nie die kanale uit te saai nie. En dis toe summier gestaak. Dalk moet jy ’n wenslysie na die heelal fluister om ’n Openview-dekodeerde­r geskenk te kry waarop al die kanale beskikbaar is. Dis ’n eenmalige koste en dan het jy weer toegang tot verskeie kanale.

Lucia, die kosprogram­me en nou die Turkse stories, ook kanaal *195 is nou Openview. – JOAN, PER SMS

Hi Joan, ek is nie seker ek verstaan presies wat jy bedoel nie, maar ja, kanaal 195 is nou op Openview beskikbaar. Lees ook gerus die antwoord hierbo aan Heila.

Hallo daar, ek wil net graag weet hoe ek by kanaal 1050 kan uitkom, want blykbaar het die Turkse, in Afrikaans vertaalde sepies, soontoe verdwyn. Die name van die sepies is Impak, Fatmagül, Doodsondes en Fenix. – ANTIE SARIE, PER SMS

Hallo Antie Sarie! Ek is nie seker waar kanaal 1050 is nie, maar sover my kennis strek, is al dié sepies nou net beskikbaar op eTV se eExtra-kanaal op Openview. Ek werk hard aan e.tv om vir ons ’n paar dekodeerde­rs weg te gee in ’n kompetisie, so hou duimvas! Indien jy wel DStv het, kyk gerus die twee nuwe Afrikaans-oorgeklank­te Turkse sepies In die Ysterhand Se Greep en Kind Van Die Noodlot op kykNET & kie (*145), Ma.-Do. (sien bl. 35).

 ?? ?? In Die Ysterhand Se Greep.
In Die Ysterhand Se Greep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa