TV Plus (Afrikaans)

Nuus-kierig

Bly ingelig met lekker geselsies oor sake van die week.

- Wie’s Nuus

BYNA REGSTREEKS Die program word kort voor die uitsending opgeneem sodat insetsels wat agtergrond gee, vooraf saamgestel kan word, maar dit gaan byna lyk soos ’n regstreeks­e program.

Indien dit jou bedruk maak om daagliks op hoogte te bly met die nuus, maar steeds wil weet wat in die land aangaan, is die nuwe kykNET-reeks, Wie’s Nuus, die antwoord. “Dis ’n informele geselsprog­ram en iemand wat daardie week nuus gemaak het, kom onder die loep,” sê die gesoute joernalis en nuusleser Mia Spies. En Mia, wat al

’n veldversla­ggewer was vir ander nuusprogra­mme, soos kykNET Verslag en eNuus, is met haar puik balans tussen ernstig, innemend en kundig, die perfekte aanbieder vir dié program.

“Dis belangrik vir mense om te weet wat in die nuus aangaan. Mense is keelvol vir slegte nuus. Maar jy moet op hoogte wees om ingeligte besluite te neem. Jy moet weet wie

Andre de Ruyter is want hy verteenwoo­rdig Eskom. Dit raak die belasting wat jy betaal. Jy moet weet hoekom die brandstofp­rys styg en hoe dit die ekonomie raak. Dit beïnvloed jou omgewing.”

DIE VOLLE PRENTJIE

Die program is soos om op Hannes van Wyk van Kwêla (Sondae om 18:00 op *144) se bank te sit en gesels, maar met ’n nuusinslag. “Ons kyk na iemand wat in daardie week nuus gemaak het en hoekom hy of sy in die nuus is. Daar is altyd ’n onderwerp wat uitstaan wanneer mense om ’n braaivleis­vuur kuier, en dís wat ons wil aanraak,” sê Mia.

“Dit kan enigiemand wees, van ’n sportster tot Oscar Pistorius (wat in die tronk is vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp in 2013) en dalk nou op parool vrygelaat word, of die Guptas,” sê sy oor die korrupte Gupta-familie wat ná jare se misdade landuit gevlug het, maar miskien nou vasgetrek gaan word.

Mia gaan ook met die joernalist­e wat die stories gedoen het in die ateljee gesels. “Baie van die joernalist­e het ’n diep kennis van die stories waaraan hulle werk, wat soms oor jare strek. Dit gaan lekker wees om met hulle te gesels en die behind the scenes- inligting te kry. Wanneer die nuusmaker se storie dit vereis, sal ons met kriminoloë, vriende, sakevennot­e en selfs familieled­e praat om die geheelbeel­d te kry,” sê Mia.

ONBEPLAND

Omdat nuus nie beplan kan word nie, weet Mia nie met wie sy gaan gesels nie. Sy en haar produksies­pan gaan die nuus fyn dophou, die nuusmaker identifise­er en dan die kenners vra om aan daardie week se program deel te neem. “Dis die lekker ding van nuus, dis so onmiddelli­k. Twee dae is nooit dieselfde nie en die adrenalien is soos asem vir ons. Suid-Afrika het baie nuus en nuusmakers. Ons kon al ’n paar identifise­er wat dalk onder die loep kan kom, maar ons sal die week van elke episode sien waaroor die meeste gepraat word.

“Wie’s Nuus het ’n goeie span wat die navorsing doen en ’n insetsel oor die agtergrond van die saak saamstel. Ons vergader weekliks en werk nou saam met alle betrokkene­s. Joernalist­e by (die nuuswebwer­f) Netwerk24 kan ook vir ons sê op watter stories die meeste geklik is en waarin lesers belangstel.”

GLAS HALF VOL

Dit pla Mia nie om op kort kennisgewi­ng ’n hele program aan te bied én self dadaaroor ingelig te wees nie. “VanweëV my werk volg ek al died nuus wat ek kan.

Dit is mmy droom om nuus toeganklik te maak, en dis iets wat Wie’s NuusNuu beslis gaan regkry.” Mia, wat haar eie weeklikse nuuspodsen­dingpodsen­ding het, sês sy is ’n “halfvolgla­s-glas-mens” en al raakr van die stories haar diep, bly dit haar passie. “Ek sukkel soms om ná al die nuus af te skakel, my foon weg te sit en nie die heeltyd te scroll nie. Maar ek hou van nuus, dus kry dit my nie ondonder nie.”

Sy hou van die verskeiden­heid wat vryskutwer­k biedbied. “Benewens my podsending­di leesl ekk ook nuus by Eyewitness News (op die geselsradi­ostasie 702,

Cape Talk en KFM). Ek geniet die afwisselin­g.” Sy en die eNuusleser Daniëlla van Heerden het ’n maatskappy gestig wat opleiding gee vir mense wat voor die kamera moet verskyn en ook ander media-opleiding.

TERUG BY NUUS

Mia kan nie wag om kykers se reaksie op Wie’s Nuus te sien nie. “Ek weet die joernalist­e en kenners met wie ons gaan praat, sal mense wees met gravitas. Ons gaan lang sages, soos die Gupta’s se storie wat al jare voortsleep, eenvoudig aanbied. Ek sien uit na ’n Afrikaanse nuusbullet­in gekruis met ’n Oprah (Winfrey)-geselsprog­ram.

Interessan­t!”

 ?? ?? “Hoe meer jy doen, hoe meer kan jy doen,” sê Mia Spies, aanbieder van Wie’s Nuus, oor haar besige skedule.
“Hoe meer jy doen, hoe meer kan jy doen,” sê Mia Spies, aanbieder van Wie’s Nuus, oor haar besige skedule.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa