TV Plus (Afrikaans)

Barmhartig­e hand

Fafa wil die jong man help wat teen hom gebots het.

-

Die Stryders-afrigter Fafa (Altus Theart) is in ’n moeilike posisie wanneer hy en ’n jong motorfietr­yer, Emile Petser (Erik Potgieter, hy was ’n lid van die Stefano Stutterhei­m-bemanning in die komedieree­ks Hotel) in ’n botsing is. Fafa kom gelukkig ongedeerd daarvan af, maar Emile is ernstig beseer en word in ’n staatshosp­itaal opgeneem – en Emile se moeilike pa, Leon (Francois Coertze, Freek Mouton in seisoen 3 van die reeks Die Byl) blameer Fafa vir die ongeluk.

“Leon storm by Fafa se kantoor in en sê vir hom hy het Emile se lewe verwoes, want Emile sal nooit weer kan loop nie,” verklap Altus. Fafa wil graag help, maar Emile se pa is nie daarvoor te vinde nie.

SKULDERKEN­NING

Fafa is baie ontsteld en terneerged­ruk ná die ongeluk en sê vir sy vrou, Maryke (Marijke Coetser), hy wil sy hand na die Petser-familie uitsteek en hulle finansieel ondersteun sodat Emile na ’n privaat hospitaal oorgeplaas kan word. Fafa wil ook die rehabilita­siekoste dek.

“Maryke is glad nie gelukkig met Fafa se idee nie. Sy meen Fafa was nie vir die ongeluk verantwoor­delik nie en indien hy die gesin finansieel gaan bystaan, gaan dit soos ’n skulderken­ning kyk,” sê Altus.

“Fafa besoek Emile in die hospitaal om sy voornemens met die jong man te bespreek, maar Leon kom daar aan en is woedend om Fafa by sy seun te sien. Maar dan erken Emile die ongeluk was inderdaad sy eie skuld, en dit neem die wind uit Leon se seile.”

Leon kom ’n bietjie tot sy sinne en klop sommer dieselfde middag nog aan Fafa en Maryke se deur. “Hy sing nou ’n ander deuntjie en vertel die kans is vyftig-vyftig dat Emile weer sal kan loop. Fafa slaak ’n groot sug van verligting en bied steeds finansiële hulp aan, maar die hardkoppig­e Leon weier.”

TUSSEN TWEE VURE

Fafa voel steeds genoop om Emile te help, al wil Leon niks weet nie. “Hy gee nie moed op nie en besoek Emile weer en probeer sy arm draai om sy pa te oorreed om sy finansiële aanbod te aanvaar. Hy beskou dit as sy laaste poging.”

Leon is ontstoke wanneer hy hoor

Fafa het sy wens om Emile alleen te los verontagsa­am. “Leon dink Fafa beskou hulle net as ’n charity case,” sê Altus.

Maar uiteindeli­k kom Leon tot ander insigte en besef Fafa se bydrae is dalk die enigste uitweg vir sy seun om die nodige rehablisit­asie te kry om weer normaal te kan funksionee­r. “Fafa is baie verlig, en hy hoop hy kan nou hierdie hoofstuk in sy lewe ook afsluit,” sê Altus.

Maar met Leon weet ’n mens nooit wat volgende kan gebeur nie.

VERLEDE KEER

Buks en Nesie het amptelik pleegouers geword, Jordan het van sy eie medisyne gekry, en Kristien het die nuwe selfverded­igingsafri­gter ontmoet.

IN DIÉ UITGAWE

Maryke is bekommerd oor Fafa, Amanda probeer die spanning tussen haar en Bibi oplos, en meer vroue daag vir die selfverded­igingsklas op. Maryke is ongelukkig omdat Fafa Emile se hospitaalk­oste wil betaal, Nesie ontmoet Petro se au pair, en Riana voel skuldig wanneer Jana van die soen uitvind.

Jordan en Zappa groet die Stryders, SinBin kry ’n nuwe redakteur, en Leon sluk uiteindeli­k sy trots en aanvaar Fafa se aanbod. Wouter verras die manne met sy harde werk, Lienkie ontmoet Philip, en Kristien straal behoorlik ná haar sessies met Chris.

Die pompons ervaar die een teleurstel­ling ná die ander, Candice slyp haar Kupido-pyltjie, en Jana kry dit nie reg om Riana weer te vertrou nie en stel ’n ultimatum aan Riana. Wouter is nuuskierig oor Lulu, Philip se natuurlike sjarme laat die vroue swymel, en Amanda stamp koppe met Tim. Schalk en Jana se bootjie kantel, Philip en Blitz kom nie oor die weg nie, en ’n donker wolk hang oor Schalk en Jana.

Blitz en Philip betaal die prys vir hul bakleiery, die pompons is skepties oor Ryno en Anastasia se vriendskap, en die vroue in die bemarkings­kantoor daag die pompons uit. Fafa kry ’n onverwagte besoeker, en Riana probeer die spanning tussen Schalk en Jana verlig.

 ?? ?? Maryke glo Fafa se hulp gaan soos ’n skulderken­ning lyk. Fafa (links) gaan kuier by Emile wat teen sy motor gebots het.
Maryke glo Fafa se hulp gaan soos ’n skulderken­ning lyk. Fafa (links) gaan kuier by Emile wat teen sy motor gebots het.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa