TV Plus (Afrikaans)

Die regte lewensmaat

Rhafiek is gereed om Kaashifa sy vrou te maak.

-

is nie maklik om vir tweede keer te trou nie, veral nie as jou eerste huwelik ’n bitter smaak in jou mond gelaat het nie. Rhafiek (Irshaad Ally) en

Carmen (Desiré Gardner) se paaie het rondom groot hartseer in 2021 met die dood van hul babaseuntj­ie geskei, en Kaashifa (Jawaahier Petersen) en Imraan (Marlo Minnaar) se huwelik het dieselfde jaar verkrummel omdat Imraan sy aggressie op Kaashifa uitgehaal het. Maar ondanks die hartseer en pyn het Rhafiek en Kaashifa by mekaar liefde gevind en Rhafiek besluit om die kans te waag om Kaashifa die jawoord te vra.

GOED VIR MEKAAR

Rhafiek gesels met sy pa AB (Cedwyn Joel) en vertel hom van sy plan om verloof te raak. “Rhafiek dink werklik hy het die regte lewensmaat in Kaashifa gevind,” sê Irshaad. “Hulle is goed vir mekaar en albei is deur pyn en hartseer met hul vorige huwelik. Boonop is hulle lief vir mekaar en Rhafiek dink dit maak soveel sin om te trou. Hy wil Kaashifa as sy vrou hê. AB is verheug, want nie net is Kaashifa reeds soos ’n dogter vir die Samsodiens nie, maar hy sien hoe goed Kaashifa en Rhafiek vir mekaar is.” Maar net wanneer Rhafiek Kaashifa die groot vraag wil vra, gesels sy met hom oor haar voormalige vriendin en Rhafiek se eksmeisie Yasmeen (Shamilla Miller) wat onlangs verloof geraak het. “Kaashifa het die nuus op die sosiale media gelees,” sê Jawaahier. “Sy sê vir Rhafiek sy kan nie glo Yasmeen wil so vinnig trou met iemand met wie sy eers onlangs begin uitgaan het nie.” En net daar keer sy Rhafiek om sy eie huweliksaa­nbod te maak uit vrees Kaashifa sal ook dink dis te gou.

TOETS DIE WATERS

Intussen probeer Mymoena (Jill Levenberg), Rhafiek se ma, uitvind hoekom Kaashifa so versigtig is om weer te trou. “Mymoena is natuurlik baie opgewonde oor die idee van Kaashifa as Rhafiek se bruid en sy weet van Boeta (soos sy Rhafiek noem) se planne om haar te vra om te trou,” sê Jawaahier. “Dis so hittete of sy verklap Rhafiek se planne aan Kaashifa, maar uiteindeli­k luister sy net mooi na Kaashifa se vrese. Kaashifa sê sy wil nie te vinnig in ’n huwelik tree en dan word sy onkant gevang deur klein jakkalsies of geheime nie.” En so van geheime gepraat: Rhafiek se eksvrou, Carmen, het mos begin Junie vanjaar haar verskyning in Ruiterbosc­h gemaak en een aand in ’n oomblik van swakheid het sy en Rhafiek saamgeslaa­p. “Rhafiek voel ongeloofli­k skuldig oor wat met Carmen se besoek tussen hulle gebeur het en hy weet dit was verkeerd,” sê Irshaad. “Maar wat hy wel besef het, is dat Kaashifa die een vir hom is en Carmen in sy verlede hoort.”

Dis net jammer hy het nie vir Kaashifa van sy lakendans met Carmen vertel nie – en dit lyk of hy hoop om dit vir altyd ’n geheim te hou!

NOU OF NOOIT!

Rhafiek probeer dink aan oorspronkl­ike maniere om Kaashifa te vra om te trou en gaan praat met sy oom Na

zeem (Irvine van der Merwe) daaroor. Hy wil vir Nazeem die ring wys terwyl hulle in AB se apteek staan en gesels, maar dan daag Kaashifa onverwags op en sien amper die ring!

Op daardie oomblik besef Rhafiek dis nou of nooit en vra haar net daar om sy vrou te word. “Kaashifa is verras,” sê Jawaahier. “En tog, in die oomblik maak dit nie saak wat sy voorheen gesê het oor te vinnig trou nie. Sy weet sy wil Rhafiek as haar man hê, en sy sê sonder twyfel ja!” Die Samsodiens is in die wolke oor die verlowing en al besluit die duifies hulle wil eerder ’n klein en intieme troue hê, het Mymoena ander planne. “Kaashifa besef sy gaan dit vir Mymoena moet uitspel sy soek nie ’n groot affêre nie, want anders gaan dit later ernstige probleme veroorsaak,” sê Jawaahier. “Sy wil dit dus vir haar toekomstig­e skoonma duidelik maak sy moet hul wense respekteer. Kaashifa is ongeloofli­k dankbaar vir Mymoena se opgewonden­heid oor die troue, maar dis [’n klein troue] wat sy en Rhafiek wil hê.”

Maar of Mymoena na hulle gaan luister, is ’n ander vraag. Daar is klaar drama wanneer meer as een verassings­verlowings­partytjie gereël word . . .

 ?? ?? Rhafiek (regs) is oortuig dis die regte tyd om Kaashifa (links) te vra om te trou.
Rhafiek (regs) is oortuig dis die regte tyd om Kaashifa (links) te vra om te trou.
 ?? ?? AB (links) en Mymoena (regs) is vreeslik opgewonde dat Kaashifa Rhafiek se bruid gaan word.
AB (links) en Mymoena (regs) is vreeslik opgewonde dat Kaashifa Rhafiek se bruid gaan word.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa