TV Plus (Afrikaans)

Familiedra­ma

Bridgette skop Zoe uit die huis en die kantoor wanneer Zoe en Tim versoen raak.

-

Daar is geen einde aan die familiedra­ma by die Jacobse nie. En noudat Zoe (Lauren Joseph) en haar skelm man, Tim (Marco Spaumer), versoen geraak het, het Zoe se tante, Bridgette (Denise Newman), keelvol geraak met die paartjie. “Bridgette is woedend oor wat tussen Tim en Zoe gebeur,” sê Denise. “Bridgette dink Zoe maak die fout van haar lewe, want Tim het haar die afgelope weke bedrieg, en Zoe vat die man sowaar weer terug! Wanneer gaan Zoe Tim se ware kleure te sien?” vra Denise. Bridgette meen ál manier om Zoe se oë te laat oopgaan, is om alle bande met haar te verbreek. “Zoe moet uit haar huis en maatskappy,” verklap Denise. Maar dit raak almal.

DIE REGTE KEUSE

Zoe en Tim is pas deur diep waters, sê Lauren. “Tim het Zoe oortuig hulle is vir ewig gebind deur die geheim van Bruce (Jonah Dollery) se dood. Zoe het Bruce einde Junie doodgeskie­t toe hy hom aan haar opgedring het ná ’n kuier by Die Anker-kroeg.” Tim het Zoe in haar donker oomblik gehelp om van Bruce se lyk ontslae te raak, dus glo sy hulle is vir mekaar bedoel. En dis hoekom sy hom bo haar tante kies. Bridgette se suster, LeeAnn (Portia Joel), en die personeel by Jacobs Property Developmen­t (JPD) is geskok deur Zoe se afdanking en Lee-Ann probeer Bridgette ompraat. “Zoe is goed vir die besigheid,” sê Denise oor Lee-Ann se pleidooi by Bridgette. “Sonder haar gaan JPD ly. Bridgette moet vinnig iets doen.”

IS DIT TE LAAT?

Bridgette voel skuldig en nadat sy met haar ma, Mrs J. (Theresa Sedras) gepraat het, maak sy ’n voorstel aan Zoe. “Bridgette sê Tim en Zoe kan terugtrek, maar net Zoe kan haar werk by JPD hervat. Maar vir Tim en Zoe is dit ’n kwesse van too little too late en Bridgette besef sy het Zoe dalk finaal verloor,” sê Denise.

Uiteindeli­k neem Zoe tog haar werk terug en probeer Tim help deur Bridgette te vra of hy nie ook as argitek kan terugkeer nie. Maar Bridgette weier. “Bridgette sal Zoe se huwelik met Tim respekteer, maar sy sien nie kans om weer saam met hom te werk nie,” sê Denise. Maar dit pla Tim min. Hy het klaar planne om vir JPD se grootste mededinger PanVista Eiendomme te gaan werk – iets waarvan Bridgette glad nie gaan hou nie . . .

VERLEDE KEER

Wade moes besluit waar sy lojaliteit lê: Die Anker of Justin en sy besigheid. Zoe se aand saam met Bruce het nie verloop soos sy gehoop het nie en sy het Tim se hulp ingeroep, en Ryno was gefrustree­rd omdat Elana Maggie se ambisie aanvuur.

IN DIÉ UITGAWE

Bridgette hou by haar ultimatum en Zoe is by ’n keerpunt, Wade besef Angie is ernstig om by hom in te trek, en Maggie moet tussen haar man en haar droom kies. Zoe is geskok wanneer sy uit die huis geskop word, Ty is woedend oor Wade se nuutste plan, en Elana laat Maggie tuis voel. Rhafiek soek die regte oomblik om iets belangriks te doen, Bridgette wag op Zoe se antwoord, en Rhafiek en Kaashifa het groot nuus vir die Samsodiens. Zoe stel ’n ultimatum aan Bridgette, Angie plaas baie druk op Wade, en Maggie sien op teen haar tweede werksdag.

Wade verras Angie met die sleutels vir hul nuwe plek, Mymoena hou nie van Rhafiek en Kaashifa se idees nie, en Bridgette is omgekrap wanneer sy uitvind Tim het ’n nuwe werk. Kaashifa is vasberade om dinge op haar manier te doen, Ty is bekommerd omdat Wade en Angie meubels gekoop het, en Bridgette is onrustig oor Tim se nuwe werk. Elana doen vir Maggie nóg ’n groot guns, Bridgette en Tim is weer haaks, en Mymoena en Mrs J. kry ’n blink idee. Wade probeer die beloofde reeks optredes vir SoundBar terugkry, Bridgette spartel om JPD se jongste krisis te beheer, en Wade is desperaat om die besigheid te laat werk.

Ryno besluit oor sy toekoms saam met Maggie, Bridgette is onder druk om die krisis by JPD op te los, en Wade wonder of hy die regte finansiële keuses gemaak het.

 ?? ?? Zoe (links) gee vir Bridgette (regs) haar huissleute­l terug wanneer sy uittrek.
Zoe (links) gee vir Bridgette (regs) haar huissleute­l terug wanneer sy uittrek.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa