TV Plus (Afrikaans)

Die waarheid seëvier!

Op sy sterfbed vertel Pieter vir Debra ’n geheim oor haar bose ma, Ingrid.

-

Wat doen jy as iemand vir wie jy lief is, ’n psigopaat en ’n moordenaar is? Swyg jy, of kom jy uit met die waarheid oor sy of haar dade?

Pieter van Schalkwyk (Ivan Abrahams) worstel sy lewe lank met die wete van sy dogter, Ingrid (Rehane Abrahams), se misdade en moorde oor die jare heen. Hy ken al die detail van al haar oortreding­s, want sy het dit vir hom vertel toe sy hom in die tronk besoek het.

Ingrid het gedink haar geheime is veilig saam met haar pa agter tralies, maar toe Pieter in 2020 op parool vrygelaat is, wou Ingrid hom en haar dogter, Debra (Kay Smith), doodmaak om te keer dat hy haar sondes uitlap. Pieter het besef dis wys om stil te bly, veral om Debra teen haar ma te beskerm. Maar op sy sterfbed vertel Pieter Debra ’n groot geheim wat al Ingrid se grudade kan oopvlek.

ONS ONTHOU GEORGE CUPIDO

“Debra kan haar ore nie glo wanneer haar oupa haar met sy laaste asem vertel Ingrid het George Cupido (Gerald Pettersen) vermoor nie,” sê Kay.

George het die Hoërskool Arendsvlei gestig en was die patriarg van die Cupido-familie. Ingrid het jare gelede die buite-gebou waarin George altyd gaan rook en skilder het, aan die brand gesteek terwyl George steeds binne was. Haar motief? Ingrid het George verkwalik vir Pieter se tronkstraf, want dit was George wat Pieter se bedrog aan die polisie verklap het. George en Pieter was beste vriende en dit was vir George swaar om die owerheid van sy vriend se misdaad in te lig, maar George se gewete het hom gery en hy moes met die waarheid uitkom – min wetende Ingrid sou sorg dat hy nooit weer ’n woord kan rep nie.

INGRID TREUR

Terug in die hede treur die hele Arendsvlei-gemeenskap oor Pieter se dood, en Ingrid kry swaar. “Sy is hartseer,” sê Rehane. “Hoewel Ingrid boos is, het sy ’n sagte plekkie vir haar pa gehad en het baie met hom gedeel. Sy sou graag met hom wou vrede maak, maar nou is hy oorlede.”

Intussen besluit Debra om met haar tannie Janice (Crystal-Donna Roberts) oor haar oupa se bekentenis te praat. “Aanvanklik wil Debra Janice nie vertel nie, want sy weet hoe Janice vir Ingrid haat, want Janice blameer haar vir die moord op Steve (Elton Landrew), Janice se broer en Debra se pa,” verduideli­k Kay. “Maar Debra vertel tog vir Janice, wat sigbaar geskok is wanneer sy dit hoor, al verbaas dit haar nie. Janice het geweet Ingrid is ’n moordenaar. Al wat hulle nou kortkom, is bewyse.”

HULLE VERDIEN DIE WAARHEID

Debra is gespanne terwyl hulle haar oupa se begrafnis beplan. “Haar kop is op verskillen­de plekke: By haar oupa, haar ma, die Cupido’s, en of sy hulle moet vertel

wat sy weet,” sê Kay.

Janice het intussen haar man, Lionel (Jody Abrahams), vertel Ingrid het George vermoor, en Lionel dink hulle moenie die waarheid vir die Cupido’s vertel nie. “Debra en Janice stem saam met hom, maar hulle weet ook die Cupido’s verdien die waarheid. En nes hulle wil Debra en Janice vir Ingrid agter tralies sien, en om alles te openbaar, is dalk hul enigste kans,” voeg Kay by.

Ons mag nie verklap hoe die Cupido’s – en spesifiek Beatrice (Jolene Martin), George se dogter, en haar ma, Aunty Gertie (Celeste Matthews) – die nuus hanteer wanneer Debra en Janice hulle vertel van Pieter se onthulling nie, maar Ingrid sal in haar spoor moet trap!

BEWYSE WORD GEVIND

Dis nie lank voor Debra en Janice bewyse kry wat Ingrid met George se moord verbind nie. “Hulle besoek Pieter se huis waar die tronkbewaa­rder Pekeur (Jurgen McEwan) bly,” sê Kay.

Onthou, terwyl Pieter in die tronk was, het Pekeur Pieter opgepas en hom begelei na sy privaat kuiers met Ingrid. Pieter het Pekeur belowe Pekeur kan in sy huis bly solank Pekeur seker maak Ingrid vind nooit uit Debra besoek hom ook in die tronk nie, want Ingrid het dit verbied.

Tydens Debra en Janice se besoek, verklap Pekeur meer as waarop hulle gereken het. “Pekeur vertel vir Janice en Debra alles wat hy van Ingrid weet, soos Ingrid is nie net vir George se moord verantwoor­delik nie. Sy het ook Beatrice se man David Abrahams (Oscar Pietersen) vermoor. En natuurlik ook vir Steve soos Janice vermoed het, en die skollie Woelag (Ceagan Arendse) wat destyds saam met Ingrid en Steve gewerk het. Hy het gehoor hoe Ingrid dit vir Pieter vertel. En dan lei Pekeur Debra en Janice na ’n geslote wendyhuis op Pieter se erf wat Pekeur nog nie kon oopkry nie.” Ná ’n gesukkel is die slot af, en wat hulle binne kry, is dalk net genoeg om Ingrid se doppie finaal te klink.

ONKANT GEVANG

Janice en Debra gee die bewyse wat hulle teen Ingrid gekry het aan kapt. Karelse (Charlton George). Wat dit alles is, mag ons nie sê nie, maar Karelse vind dit geloofwaar­dig. Hy wil Ingrid al vir jare opsluit en was briesend toe sy verlede jaar skotvry van die aanklagte van moord op Steve en David afgekom het. Hy skroom nie om haar dadelik te arresteer nie, wat Ingrid heeltemal onkant vang. “Ingrid is geskok, maar ook geïrriteer­d omdat Karelse nie die storie kan los nie,” sê Rehane. “Ingrid het al soveel keer weggekom met goed, sy dink sy sal hiermee ook wegkom. Sy weet nie Debra en Janice het bewyse gevind nie . . .”

Tydens Ingrid se hofverskyn­ing is almal van Arendsvlei daar om te sien of sy uiteindeli­k tot ’n val gaan kom. “Sy gaan dalk nie borgtog kry nie,” sê Rehane geheimsinn­ig. “Maar of Ingrid werklik dié keer vir haar dade gaan boet, is nog ’n raaisel. Met haar is daar altyd verassings.”

VERLEDE KEER

Lionel het Wesley verwyt nadat hy geld in ’n weddenskap verloor het, Jamie het bykomende druk gevoel toe Mic ’n nuwe skoolgelee­ntheid voorgestel het, en Angel het ’n miskraam gehad.

IN DIÉ UITGAWE

Almal rou oor die sterfgeval in Arendsvlei, maar veral Ingrid is stukkend omdat sy ’n geliefde verloor het, Debra sukkel om ’n groot geheim te verwerk en praat met Janice daaroor, en Eva oorreed Angel om aan Daniel ’n handgeskre­we briefie te gee.

Lionel dink Janice en Debra moet liewer nie die nuus aan die Cupido’s oordra nie, Debra is gespanne terwyl sy vir die begrafnis voorberei, en Ezra is in ’n groot dilemma oor die onthaal vir die Mnr. en Mej. Arendsvlei-kompetisie by die skool. Priester kom agter Angel het kontak met Daniel, Ezra en Caleb deel ’n spesiale oomblik, en Caleb vertel Ezra van sy gevoelens vir haar.

Lennie, Priester, Eva en Angel se ete trek ’n duidelike streep in die sand, Debra en

Janice maak ’n groot ontdekking oor Ingrid se geheime, en Daniel probeer Angel waarsku oor Priester. Ezra verduideli­k haar woede aan

Caleb, Janice en Debra vertel kapt. Karelse en die Cupido’s van die bewyse wat hulle teen Ingrid gekry het, en Angel hoor ’n telefoonge­sprek tussen haar ma en Ingrid.

Debra staan haar man teen sensasiebe­luste joernalist­e wat op haar afstorm, Priester sien Angel en Daniel saam wat ernstige gevolge het, en Bianca se nuwe voorkoms word onthul.

 ?? ??
 ?? ?? Pieter (hooffoto)vertel sy kleindogte­r Debra (inlas) op sy sterfbed ’n groot geheim oor Ingrid.
Pieter (hooffoto)vertel sy kleindogte­r Debra (inlas) op sy sterfbed ’n groot geheim oor Ingrid.
 ?? ?? Ingrid is geskok wanneer sy hoor van haar pa, Pieter, se afsterwe.
Ingrid is geskok wanneer sy hoor van haar pa, Pieter, se afsterwe.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Pekeur (links), Janice (middel) en Debra toe hulle die bewyse teen Ingrid vind.
Pekeur (links), Janice (middel) en Debra toe hulle die bewyse teen Ingrid vind.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa