TV Plus (Afrikaans)

Die groter plan . . .

At is weer aan die konkel en dit bring die Binneland-kliniek se toekoms in gedrang.

-

Ogenade! At Koster (Hans Strydom) is weer besig om te konkel, maar niemand is seker waarmee die korrelkop presies besig is nie. Dit lyk asof hy almal – van sy vyand Delia (Odelle de Wet) tot dr. Annelize (Cindy Swanepoel), die huidige HUB van die Binneland-kliniek, en selfs sy eie seun, dr. Conrad (Hykie Berg) – om die bos lei. At se optrede wek soveel agterdog by Conrad, Conrad dink sy pa is besig om sy varkies te verloor. Maar hoe gemaak om te bewys sy pa is besig om sy sinne te verloor as hy nie ’n idee het waarmee At besig is nie? En eintlik is Conrad heeltemal verkeerd. At is besig met ’n skaakspel vir mag en hy gaan verskeie pionne opoffer om die wenskuif te maak.

VERWARRING

Delia kry snuf in die neus wanneer At haar besoek en sê hy het ’n trust vir haar babadogter Amalia (Lily van Niekerk) geskep. Amalia het Kosterbloe­d: At se broer Louis (Germandt Geldenhuys) is Lily se biologiese pa. En al het At nog nooit ooghare vir Delia gehad nie, sal At enigiets vir sy familie doen.

“Delia pak by Conrad af oor At se skielike trustfonds vir Amalia en sy wil by Conrad weet wat sy pa se agenda is,” sê Hykie. “Conrad vind dit egter nie vreemd nie, want At is altyd gefokus op sy familie en hy moedig Delia dus aan om net die gebaar te aanvaar.”

Maar dan raak At se gedrag teenoor Delia nóg vreemder: Delia hoor At betaal nou vir haar pa Andries (André Odendaal) se sorg by die inrigting waar hy opgeneem is. En dan maak At sy groot skuif. Wanneer die Binnelandr­aad vergader om te besluit of die Super-ER-projek nog voortgaan ná die onlangse ontploffin­g op die bouperseel en hul vennoot BlueCor – wat baie geld daarin belê het – onttrek het, daag At onverwags daar op. “At kondig aan hy is nou die eienaar van die grond waarop die Super-ER gebou word, want BlueCor het die grond stilletjie­s onder Binneland se neus aan hom verkoop,” verduideli­k Hykie. “Die verkoop van die grond is vir almal ’n verrassing. Maar dis ’n nóg groter verrassing dat At dit nou besit, want hy was nog die hele tyd teen die SuperER-projek gekant.”

KONFRONTAS­IES

Conrad soek antwoorde by At, maar At vertrou sy seun klaarblykl­ik nie meer nie en verduideli­k glad nie hoekom hy die grond gekoop het nie. Later die dag kry Conrad At weer voor stok – dié keer met Annelize se hulp – en dan kom At met die waarheid uit: Hy soek sy aandele in Binneland terug. En hy soek spesifiek Conrad en Annelize se aandele. “At verduideli­k hy sal die grond gebruik om die Super-ER saam met beleggers te ontwikkel, maar in ruil daarvoor en sodat die Super-ER aan Binneland behoort, soek hy sy aandele terug. Anders is die SuperER syne,” sê Hykie.

Die skinderton­ge klap ná At se onthulling en dr. Tertius (Reynardt Hugo), die hoof van ongevalle, kom ook daarvan te hore. Tertius fluister in Annelize se oor At sit dalk agter die ontploffin­g op die bouperseel, want hoe anders het dit gebeur? Dis darem net te maklik dat BlueCor onttrek en die grond aan At verkoop het.

ONTKENNING

Annelize dink Tertius is dalk reg, en vertel Conrad van haar vermoedens, maar Conrad sukkel om dit te glo. “Annelize weet ook nie wat om met die inligting te doen nie,” sê Cindy. “Maar sy kan

dit nie ignoreer nie. At is ’n man met verskeie geraamtes in sy kas. Hy jaag mag na en die kans is goed dat hy die bouprojek sou saboteer.”

Annelize kan haarself nie keer nie en konfrontee­r At oor die ontploffin­g, wat hy natuurlik ontken. Dan bedank At by die Wêreldgeso­ndheid-organisasi­e waar hy die afgelope twee jaar werk en dis duidelik hy het ander toekomspla­nne. Delia loop At raak by die Chiron-hospitaal waar sy werk. Chiron is Binneland se direkte mededinger, maar At is daar vir ’n vergaderin­g met Chiron se HUB . . .

Terwyl Annelize Conrad vertel At het enige betrokkenh­eid by die ontploffin­g ontken, storm ’n ontstoke Delia by hulle in en wil weet hoekom At by haar werk rondsnuffe­l. “Delia beweer At het dalk ’n vennootska­p met Chiron en dit kan Delia laat skade ly omdat hy nie van haar hou nie, en probleme vir Binneland beteken,” verklap Hykie.

ELKE SKUIF IS BELANGRIK

Conrad probeer sy pa weer pols vir antwoorde maar At verseker Conrad hy hoef niks meer te weet nie. At het nog net sy openingsku­iwe gemaak – daar is ’n veel groter plan. En dit lyk beslis asof At besig is om dinge in orde te kry, want hy nader dr. Steve (Clint Brink), die plastiese chirurg, en vra Steve om eerder by Chiron te gaan werk, en belowe om Steve baie ryk te maak indien hy na die mededinger skuif. Delia vind uit van At se aanbod aan Steve en praat ook met At, maar hy verklap niks.

ANNELIZE EN HAAR TOEKOMS

Uit wanhoop konfrontee­r Annelize At weer en beveel hom om sy meesterpla­n te verduideli­k, maar At weier. “Hulle het ’n hewige argument,” sê Cindy. “At verpletter Annelize met nóg ’n onthulling. Sy besef net daar sy wil nie meer by Binneland wees nie en besluit om Suid-Afrika te verlaat en ’n nuwe lewe saam met haar halfbroer, Wessel (Emile Hager), in Londen te begin!”

Conrad kan sy ore nie glo wanneer hy hoor Annelize wil haar tasse pak nie. Wat beteken dit vir Binneland se toekoms? Gaan At weer aan die stuur sit? Dalk swaai At by Chiron ook die septer.

VERLEDE KEER

Elise en Danny het met mekaar meegeding om Uys se nuwe woonstelma­at te word, die verpleegst­ers het gegons oor talle pasiënte se pynpille wat verdwyn het, en Karen moes met haar omstandigh­ede vrede maak.

IN DIÉ UITGAWE

Gaby vertel Rian van haar vrese, Conrad dink At is besig om sy varkies te verloor, en Louis en Naomi wil hul eie stempel afdruk. Annelize maak ’n ontdekking wat haar laat glo haar vermoedens is in die kol, Conrad dink At gebruik Delia om ’n punt te bewys, en Karen probeer Uys se vrese besweer. Zee gee Gaby se toetsuitsl­ae vir haar, At stel sy visier in op Steve, en Louis se frustrasie met Naomi borrel oor. Rian maak ’n voorstel om Gaby vrede vir haar siel te gee, Conrad sit sy voet dwars wanneer dit by Annetjie se diens aan At kom, en Tracy moedig Conrad aan om te veg, maar nie net vir homself nie. Wessel dink hy het ’n oplossing vir Annelize se probleme, Danny trek Zee se siel uit, en Conrad se nuwe idee sluit Delia en Steve in. Gaby reël ’n fotosessie, Tertius waarsku Delia, en Gaby se DNS-uitslae raak bekend.

Prof. Struwig beland in ongevalle, nuus oor At versprei soos ’n veldbrand, en Jeremy word gevra om hom te ondersoek. Annetjie besef sy moet die bestuur waarsku oor die skinderpra­atjies, Delia bevind haarself in ’n ongemaklik­e posisie, en Sharon krap Conrad om. Zee staan haar man wanneer dit by haar pasiënt kom, prof. Struwig se toetsuitsl­ae laat Zee en Liam se oë rek, en Conrad ontdek Annelize se geheim. Gaby maak ’n bekentenis aan Karen, Conrad is bekommerd oor Annelize se veiligheid, en Uys vertel Tracy van sy vrese.

 ?? ?? At se magspeletj­ies laat almal kopkrap.
At se magspeletj­ies laat almal kopkrap.
 ?? ?? Conrad (links) probeer talle kere by sy pa At (regs) uitvind wat sy planne is.
Conrad (links) probeer talle kere by sy pa At (regs) uitvind wat sy planne is.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa